Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
KYK: Mark Banks met ‘pure onsin’

Hy kan glad nie ysskaats nie, bieg die komediant Mark Banks ondanks die titel van sy nuwe eenvanvertoning, Mark Banks on Ice.

Dié “80 minute van pure onsin”, soos Banks dit stel, word van 5 tot 30 Junie in Pieter Toerien se Studioteater by Montecasino in Fourways, Johannesburg, aangebied.

Mark Banks

“Die verhoog is buitendien te klein vir ’n ysskaatsbaan. Dit is net ek, en ek het nog niks hiervan voorheen in ’n konsert kwytgeraak nie.”

Banks wat onlangs 60 jaar geword het, wil eerder ’n klomp dinge vier.

“Ons as Suid-Afrikaners moet bietjie na die goeie sy van dinge kyk. Eerstens dink ek kan ons dit vier dat ons nog hier is. Ook die feit dat ons werk het, en indien nie dat baie mense die visie het om werk vir hulself te skep.”

Banks is nooit presies seker waar sy idees vandaan kom nie.

Hy praat oor die entrepreneur en ingenieur Elon Musk, uitvoerende hoof van SpaceX, se planne vir wêrelddominasie, mense wat jy raakloop wat saam met jou op skool was en die sekerheidsmaatreëls in Johannesburg.

“Ag, en eintlik maar net hoe om die lewe oor die algemeen te hanteer. Ek vier ook komedie – ek is nou in my 60ste jaar. Ek kyk ook na hoe komedie oor die jare verander het. Ek vind dit soms moeilik om in sekere rigtings van komedie te beweeg, maar dit is ’n bedryf wat ongelooflik uitbrei.”

Banks het Maandag teruggekeer van twee komediefeeste in Australië.

“Ek sweer daar is meer Suid-Afrikaners in Australië as in Suid-Afrika. Die een is in Perth en die ander in Sydney. Ek sweer daar is deesdae meer komediante as wat daar dokters is.”

Banks beplan beslis om nie die nuus van die dag te laat verby gaan sonder om kommentaar daaroor te lewer nie.

* Kaartjies kos R130 tot R180. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Komedie  |  Montecasino
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.