Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Michael Jackson History Show’ by Emperors Palace
Dantanio in die ‘Michael Jackson History Show’.

Die Michael Jackson-nabootser Dantanio steur hom nie aan die bewerings wat in die dokumentêre rolprent Leaving Neverland oor dié ontslape Koning van Pop gemaak word nie.

“Hy is vrygespreek,” sê Dantanio (Daniel Goodman), wat van 6 tot 22 Desember in Showtime Australia se Michael Jackson History Show in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace in Boksburg optree.

“Sy boodskap van liefde oor die wêreld heen is sy grootste nalatenskap. So ook die liefde vir mense en die planeet. Musiek was sy manier om te kommunikeer. Ek het nie die rolprent gesien nie omdat ek nie my tyd op negatiewe inligting oor hom wou bestee nie.”

Leaving Neverland is ’n dokumentêre rolprent met skokkende onthullings wat die popster as ’n pedofiel uitbeeld en het resensente vroeër vanjaar by die Sundance-rolprentfees ontstel.

In die rolprent vertel Wade Robson en James Safechuck hoe Jackson hulle as seuns seksueel misbruik het.

Jackson is in 2005 op alle aanklagte vrygespreek. Hy is in 2009 in die ouderdom van 50 jaar dood.

Die Michael Jackson History Show bestaan uit verskeie van Jackson se treffers soos “Bad”, “Billie Jean”, “Thriller” en “Smooth Criminal” met ’n orkes en dansers.

“Ons doen dit met al die bewegings, kostuums en ’n mens kan nie ’n Michael Jackson-konsert sonder die bekende handskoen doen nie,” sê Dantanio.

Die konsert sluit ook liedjies in wat hy saam met vier van sy broers gesing het toe hulle as kinders as die Jackson Five bekend gestaan het.

Dantanio, wat in Kimberley grootgeword het, het van Jackson gehoor danksy sy ouer broer wat op sy musiek gedans het.

“Die fisieke aspek van die konsert en die behoud van stamina is ’n belangrike deel,” sê Dantanio.

“Deur te toer bly ’n mens fiks. Ons het in Augustus ’n toer in Kanada gehad. Ek moet ook ’n streng dieet volg. Jy is nooit so goed soos die meester (Jackson) nie, maar jy doen alles in jou vermoë om aan hom reg te laat geskied.”

  • Vertonings is Vrydae en Saterdae om 20:00 en Sondae om 14:00. Die kaartjies kos tussen R144 en R490. Bespreek by Computicket.
Meer oor:  Emperors Palace  |  Michael Jackson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.