Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
KYK: Musiekspel oor prinses Di bestyg Broadway
Jeanna de Waal en Roe Hartrampf as Diana en prins Charles in die musiekspel Diana.

’n Musiekspel oor Diana, die ontslape prinses van Wallis, word in 2020 op Broadway opgevoer.

Diana word beskryf as die storie van “die vrou wat die koninklikes tot in hul fondamente geskud het” en “gekies het om vreesloos te wees en gevolglik tydloos geword het”.

Jeanna de Waal, die Britse aktrise wat voorheen in American Idiot en Kinky Boots op Broadway opgetree het, vertolk die rol van Diana, wat in 1981 met prins Charles getroud is en in 1997 in ’n motorongeluk dood is.

“Sy het almal spesiaal laat voel,” sê De Waal oor die prinses.

“Van die mens met die hoogste rang tot die laagste een. Ek dink ons moet haar vier.”

Dit bestaan uit musiek deur Bon Jovi se klawerbordspeler David Bryan wat vir my sy produksie Memphis in 2010 met ’n Tony-teaterprys bekroon is.

Die liedjies in die musiekspel sluit in “Snap, Click” wat na die paparazzi verwys, “Welcome to the Windsors”, “Here Comes James Hewitt” oor die affair wat die prinses met die gewese Britse weermagoffisier gehad het, en “Secrets and Lies”.

’n Voorskou van die produksie is reeds in die La Jolla Playhouse-teater in San Diego, Kalifornië, opgevoer.

Charles McNulty skryf in die Los Angeles Times die produksie is so Amerikaans soos Applebee’s, die bekende Amerikaanse kettingrestaurant.

Diana, prinses van WallisFoto: Mark Lennihan

Hy skryf verder: “Dit bevat ’n ironiese toonaard en die tragiese einde is nie ’n tranetrekker nie. Die konsert werk nie, maar dit maak beswaarlik saak wanneer ’n musiekspel toeriste in hul massas sal laat opdaag.”

Deborah Wilker van The Hollywood Reporter reken egter die produksie bevat al die elemente om daarvan ’n treffer te maak.

“Terwyl dit die koninklikes waarskynlik met afgryse gaan vervul wanneer akteurs hulle halfnaak in die bed op ’n verhoog vertolk, sal die Britse publiek dit heel moontlik opslurp.”

Roe Hartrampf vertolk die rol van prins Charles.

* Vertonings begin op 2 Maart in die Longacre-teater op Broadway. Die openingsaand word vir 31 Maart beplan. Geen Britse vertonings is al aangekondig nie.

* Intussen word die toneelstuk Call Me Diana in die West End in Londen aanstaande maand opgevoer om vir die volle produksie geld in te samel.

Meer oor:  Verhoog  |  Teater  |  Musiekspel  |  Broadway  |  Prinses Van Wallis  |  Diana  |  Prins Charles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.