Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Laat ook kunskollig op mense met gestremdhede val’

In die kunswêreld word te min gedoen om die kollig ook op mense met gestremdhede te plaas.

So sê Nadine McKenzie (31), direkteur van die Unmute-dansgeselskap wat Vrydag met die samewerking van die Kunstekaap-teater in Kaapstad virtueel aan die Edinburgh Festival Carnival deelgeneem het.

’n Toneel uit een van Unmute se vorige optredes.Foto: Facebook

Die Edinburgh Festival Carnival word elke jaar gehou en lok talle kunstenaars. Dit duur drie dae lank.

Vanjaar se fees het Vrydag aanlyn begin en eindig Maandag.

Die Unmute-dansgeselskap bestaan al sewe jaar en is ’n groep wat bestaan uit lede met én sonder gestremdhede. Hulle tree meestal in kontemporêre dansstukke op.

“Dit was baie lekker om aan die fees te kon deelneem,” sê McKenzie. “Dit was egter vreemd, aangesien alles aanlyn plaasgevind het.”

Gegewe Suid-Afrika se geskiedenis is sulke groepe veral belangrik om integrasie en inklusiwiteit te bevorder, sê McKenzie.

Die Unmute-dansgeselskap is ’n groep wat ook mense met gestremdhede insluit. Foto: Facebook

“Dit is nie aldag dat ’n mens projekte en groepe sien wat mense met gestremdhede insluit, of waar hulle die leiding neem nie. Dit is hoog tyd dat dit moet verander.”

Marlene le Roux, uitvoerende direkteur van die Kunstekaap-teater, sê die Unmute-dansgeselskap is die enigste gestremde professionele geselskap wat vanjaar aan die Edinburgh Festival Carnival deelneem.

“Hulle is ook die enigste professionele dansgeselskap in Suid-Afrika wat mense met gestremdhede insluit.”

Le Roux sê hulle het Unmute gekies om aan die fees deel te neem omdat hulle ander lande wou wys dat gestremde mense ook in die kunstewêreld betrokke kan wees en briljant is.

“Mense met gestremdhede word in die algemeen in Suid-Afrika misgekyk,” sê Le Roux, wat as kind polio gehad het en met ’n beenstut loop.

“Deur gestremde mense op die verhoog te kan sien, dra by tot ’n samelewing wat gestremde mense as ’n aanwins beskou.”

McKenzie was in ’n ongeluk en is in ’n rolstoel. Sy sê mense met gestremdhede moet nooit tou opgooi nie.

“Moet ook nie negatief wees oor die feit dat jy anders is nie. Jy kan steeds dit in die lewe bereik wat jou gelukkig maak.”

Meer oor:  Kollig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.