Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Lag uitbundig vir geordende chaos in SA

Benny Bushwacker ****

Met Ben Voss.

Regisseur: Janice Honeyman

Die kombinasie van Benn Voss, die verkleurmannetjie van komedie wat skynbaar enige rol met fyn tydsberekening kan speel, die kundige regie van Janice Honeyman en ’n briljante, spitsvondige teks deur John van de Ruit, maak hiervan ’n uithalerproduksie.

Die soort waar jy uitbundig lag omdat jy Suid-Afrika herken soos dit regtig is. Die geordende chaos, waar ons steeds daarin slaag om ’n bestaan te voer ten spyte van onbekwaamheid, korrupsie en misdaad, word met fyn insig belig.

Maar dit kos fyn vernuf om al hierdie elemente te kombineer in ’n teks waar ’n bleeksiel in natuurbewaring tipiese Suid-Afrikaanse situasies uitbeeld en met verskeie kulture spot sonder om neerbuigend te raak. Hy verwissel van gedaante met dieselfde gemak as wat jy ’n boek van een grap na ’n ander omblaai – moeiteloos en professioneel.

Hoogtepunte sluit in ’n Sandton-vrou wat op ’n mamba in haar kombuis afkom, en ’n koel jong man wat met sy gangsta-broek en sy selfoon in tipiese sosiale­­media­taal kommunikeer. Voss se genotvolle gedaanteverwisselings, wat nooit stereotipes raak nie, word uitstekend gedoen. Honeyman weet hoe om die beste komiese waarde uit elke toneel te kry.

’n Uitsondering is egter ’n lawaaierige tsoenami-sekwens wat nie werk nie en die lagbuie in hul spore stop. Maar daarna herstel die produksie en kombineer die sjarme van die Afrika-bos en stedelike angs en neurose uitstekend. Jy lag omdat jy die situasies herken, en dit sonder venyn en met fyn woordspelings uitgebeeld word. Gaan kyk!

  • In Pieter Toerien se Studio-teater by Montecasino tot 20 Oktober. Daarna toere na Port Elizabeth, Pietermaritzburg en Kaapstad.
Meer oor:  Janice Honeyman  |  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.