Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Leerlinge hef aan vir Shakespeare-fees
Leerlinge van die De La Bat-skool vir dowes in ’n toneel uit Shakespeare se drama ‘Anthony and Cleopatra’.

Die Shakespeare-skolefees word vanjaar vir die 11de keer aangebied met die goeie nuus dat optredes in teaters sal plaasvind.

Omdat net ’n beperkte getal teatergangers die opvoerings kan bywoon, word dit opgeneem en sal dit later aanlyn beskikbaar gestel word.

Dié fees word ook in Estland, Malawi en Rusland gehou dus is die aanlyn moontlikhede waardevol vir die organiseerders, jong akteurs en belangstellendes.

Sowat 20 Engelse skole in en om Kaapstad neem vanjaar deel, asook die De la Bat-skool vir dowes en die Pionierskool vir gesiggestremdes.

Dié twee skole het voorheen verstommende werk gelewer. Die dowe Mxolisi Nodom het ’n rol in die eTV-sepie Scandal losgeslaan nadat sy talent op die fees raakgesien is. Hy het in 2018 Romeo in die bekende Romeo and Juliet-drama vertolk.

Die karakters Romeo en Juliet uit die gelyknamige toneelstuk word hier deur leerlinge van die Pionierskool vir gesiggestremdes vertolk.

Nog goeie nuus is dat die Pionierskool as naaswenner aangewys is in Dolgaproedni in Rusland se aanlyn lentefees vir amateurgroepe. Die Suid-Afrikaners het Romeo and Juliet ingeskryf wat hulle verlede jaar in die Fugardteater in Kaapstad opgevoer het. Dié teater het helaas onder die Covid-19-maatreëls gesneuwel en moes sy deure sluit.

Vanjaar se Shakespeare-skolefees open op 19 April om 17:00 in die Kunstekaap met die De la Bat-skool en Worcester Gimnasium se produksies van onderskeidelik Anthony and Cleopatra en Romeo and Juliet. Die fees duur tot 24 April.

Kry kaartjies kos R50 by Computicket. Vir meer inligting, besoek www.ssfsa.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.