Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Leerlinge laat Shakespeare binne 30 min. praat

Die tweede deel van die Shakespeare-skolefees (SSFSA – Shakespeare Schools Festival South Africa) is nou aan die gang. Die eerste deel is in April en Mei vanjaar in Kaapstad (Kunstekaap en Baxter-teater) afgehandel.

Grahamstad was die afgelope naweek aan die beurt en die fees eindig in Oktober in Bloemfontein.

Dis die agtste jaar wat die fees gehou word – Educape se vlagskipprojek wat in 2010 onder leiding van kreatiewe direkteur Kseniya Filinova-Bruton begin het. Dis ’n opvoedkundige projek wat taalkennis deur uitvoerende kuns bevorder.

Leerlinge van die Lalela-projek in Houtbaai het hul weergawe van A Midsummer Night’s Dream opgevoer.Foto: Mike Leresche

Die skolefees het met sowat 20 leerlinge begin en sowat 2 000 is vanjaar betrokke. Leerlinge van die Wes-Kaap, Gauteng, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal neem deel. Vroeër vanjaar was Filinova-Bruton ook by die eerste fees van hierdie aard in Rusland betrokke.

Wat die opvoerings uniek maak is dat dit van begin tot einde slegs 30 minute lank mag wees. Hulle het kreatiewe vryheid om die dramas wat hulle kies te verwerk, te verplaas en aan te pas, maar met behoud van die geskrewe teks.

Van die interessante aanbiedinge sluit in die drama Romeo and Juliet van die De La Bat-skool vir dowes wat met gebaretaal uitgespeel is en die Pionierskool vir leerlinge met siggestremdheid van Worcester wat Macbeth opgevoer het. Skole met leerlinge met spesiale behoeftes wat in Gauteng deelneem, is onder meer die Adelaide Tambo-skool in Soweto en die Elandspark-skool in Johannesburg.

Die volgende feeste is in die George-kunsteater van 31 Augustus tot 2 September, Joburg-teater van 4 tot 8 September, Durban Playhouse van 4 tot 9 September en die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein op 26 Oktober.

Vir meer inligting besoek http://www.ssfsa.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.