Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Legendariese akteur en dramaturg oorlede

Winston Ntshona (76), die Suid-Afrikaanse akteur en dramaturg wat onder meer Sizwe Banzi is Dead saam met John Kani en Athol Fugard geskryf het, is vanoggend in Port Elizabeth oorlede. Hy is in Oktober 1941 in dié stad gebore.

Winston Ntshona Foto: Gallo Images

Sy seun Lawula het bekend gemaak dat sy pa Donderdag om 08:00 oorlede is nadat hy agt jaar lank siek was. Huldeblyke het onmiddellik begin instroom van familie, vriende, kollegas, politici en ook die bestuur van die Staatsteater.

Ntshona is veral bekend vir die werk wat hy saam met die akteur Kani en die dramaturg Fugard gedoen het. Hulle het saam in 1965 die teatergroep Serpent Players in Port Elizabeth gestig. Voor dit het hy by die Ford-motormaatskappy gewerk en in die stad gewerk.

Sy bekendste werke is waarskynlik The Island en Sizwe Banzi is Dead. Ntshona het self vir baie dekades in albei stukke gespeel. Hy het verskeie pryse vir sy werk gewen, onder meer Tony-pryse vir teks en spel saam met Kani vir Sizwe Banzi is Dead (1975). Die twee stukke is 52 keer in die Edison-teater op Broadway opgevoer.

Hulle het ook slypskole in Amerika aangebied in New York, Washington en Los Angeles.

Die BBC in Londen en CBS in Amerika het The Island en The Death of Bessie Smith (met Janet Suzman en Kani) verfilm.

Ntshona was ook bekend as anti-apartheidsaktivis. Hy en Kani het in 1976 begin om die twee stukke op die platteland in Suid-Afrika op te voer. Hulle is egter in hegtenis geneem en aangehou, maar is ná betogings vrygelaat. The Island is eers weer in 1995 opgevoer. Hulle is ook in hegtenis geneem ná ’n derde samewerking met Fugard vir hul werk Statements After an Arrest Under the Immorality Act.

In 2010 is hy vereer met die Orde van Ikhamanga (silwer) vir sy bydrae tot teater en die kunste in Suid-Afrika. Die Nasionale Kunsteraad het hom ook vereer vir sy lewensbydrae. Hy het ook in 2011 ’n prys vir sy lewenswerk van die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiebedryf (Safta) ontvang. In 2012 is ’n straat (Chapelstraat) in Port Elizabeth na hom hernoem.

Sy gesin sal later ’n verklaring uitreik oor begrafnisreëlings.

Meer oor:  Winston Ntshona  |  John Kani
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.