Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Lewende huldeblyk vir Guguletu-7
’n Toneel uit die Magnet-teater se produksie G7: Okwe-Bokhwe. Foto: Mark Wessels

Die Guguletu-sewe is die fokus van die fisieketeater-stuk van die veelbekroonde Kaapse Magnet-teater wat volgende maand in Kaapstad en daarna by die Nasionale Kunstefees in Makhanda (Grahamstad) opgevoer gaan word.

G7: Okwe-Bokhwe (Soos ’n bok) is ’n vertoning wat sang, beweging en ritueel saamsnoer en is geregisseer deur Mandla Mbothwe. Die spelers is deel van die Magnet-teater se vyfde opleidingsprogram.

Mbothwe het gaan delf in die geskiedkundige verslae oor die hinderlaag op 3 Maart 1986 waarin sewe jeugdige lede van Umkhonto we Sizwe in Guguletu, Kaapstad, dood is in ’n hinderlaag van die Suid-Afrikaanse veiligheidspolisie. Die Guguletu-sewe-gedenkteken is op die plek aangebring waar hulle dood is. Dit is ook hier waar die stuk verlede jaar die eerste keer opgevoer is.

Die produksie word as ’n lewende huldeblyk beskryf en ’n poging om die pyn van Suid-Afrikaners se gedeelde verlede te genees.

“Wat is herinneringe, wat doen dit en wat gebeur wanneer die verlede die hede ontmoet? Ons werk as storievertellers is om dié vrae te ondersoek en die idee dat daar niks is wat ons kan doen nie ’n nekslag toe te dien,” het Mbothwe luidens ’n verklaring gesê. Die regisseur glo dat stories uit die argiewe gehaal moet word en dat dié stories die kern moet vorm vir ons “strewe na ’n mensliker nasie”.

G7: Okwe-Bokhwe word van 12 tot 22 Junie in die P4-studio op die Hiddingh-kampus van die Universiteit van Kaapstad opgevoer. Daar is middag- en aandvertonings.

Daarna word dit van 27 tot 29 Junie in die Rhodes Box-teater by die Nasionale Kunstefees op Makhanda opgevoer.

Kaartjies vir die P4-studio kan by webtickets.co.za bespreek word en kaartjies vir die Nasionale Kunstefees by nationalartsfestival.co.za.

Ouerleiding word aanbeveel.

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.