Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Lizz se ‘Met ander woorde’ vanaf Saterdag te sien

Die aktrise Lizz Meiring se solostuk Met ander woorde, “wat hopelik mense die wonder van woorde sal laat herontdek”, is van Saterdag af aanlyn te sien.

Dit is in September deur Starrstruk Studios (stet) in Midrand, Gauteng, verfilm.

Lizz Meiring in haar solostuk ‘Met ander woorde’.

Meiring se eerste gedagte aan dié stuk, wat in 2018 gedebuteer het, het gespruit uit haar liefde vir woorde.

“Laat ons nou maar eerlik wees, ek praat baie. Woorde is my suurstof, my uiting van kreatiwiteit, selfs wanneer ek kies om nie woorde te gebruik nie. Die subteks wat jy speel, is eintlik woorde wat jy dink, en daardie woorde verbeeld emosies,” sê sy.

Sy het baie geskaaf en verfyn aan die produksie voordat dit opgeneem is.

Starrstruck het haar genader en dit is voor ’n gehoor opgeneem.

Lizz Meiring sê haar solostuk ‘Met ander woorde’ spruit uit haar liefde vir woorde.

“Wanneer jy iets skep is dit nooit, wat my betref, die finale produk nie. Jy kyk wat werk vir jou en die gehoor en hoe werk die balans.

“Ek dink mense wat die produksie aanvanklik gesien het, sal ’n paar goed herken, maar dit word nou op ’n ander manier aangebied. Ander goed sal hulle glad nie herken nie.”

Meiring het die afgelope twee jaar goeie terugvoering oor die produksie gekry, hoewel sy weet dat mense wat nie daarvan hou nie, dit nie noodwendig aan haar sal noem nie.

“Ek hoop gehore sal hieruit weer ’n vreugde vir woorde kry en die oorspronklikheid, die emotiewe aard en klankwaarde van woorde sal herontdek. En hoe woorde sin maak, of soms nie . . . Want ons is eintlik net die kanaal om stories te vertel.”

• Vertonings begin Saterdag. Kaartjies kos R100 tot R120. Besoek www.starrstruck.live om te bespreek.

Meer oor:  Lizz Meiring  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.