Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Mahomed ‘wil kunste in KZN uitbrei’

Ismail Mahomed, wat onlangs as bestuurshoof van die Markteater in Johannesburg bedank het, neem Woensdag die leisels oor as direkteur van die Sentrum vir Skeppende Kunste aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN).

“Ek glo Durban het baie talent en ek kan die ekonomie van die kunste uitbrei wat die provinsie het om te bied.

Ismail Mahomed

“Ons het gesprekke gevoer en op 1 Julie begin ek by die universiteit. Ek sal voorlopig tuis werk, maar ek verhuis binnekort na Durban.

“Ek ken baie kunstenaars in die omgewing met wie ek al vanweë my betrokkenheid by kunstefeeste geskakel het. Ek ken die stad baie goed. Die kunssektor hier het baie om te bied. Met my ondervinding van kunstefeeste kan ek ’n bydrae lewer.”

Mahomed sal aan die stuur van die sentrum se vier feeste, Jomba, Time of the Writer, Poetry Africa en die Internasionale rolprentfees in Durban wees.

“Hoewel elkeen van hierdie feeste sy eie kurator het.”

Mahomed werk nog tot Dinsdag by die Markteater.

“So ek loop direk daarna by my volgende pos in.”

Mahomed het sy stempel afgedruk in die Markteater-stigting (MTF) se vier sake-eenhede: Die Markteater, die Markteater-laboratorium, die Mark-fotowerkswinkel en die Windybrow-kunssentrum. Hy het laasgenoemde in ’n multikulturele onderneming omskep as ’n eenheid van die MTF in samewerking met die ondernemings Coloured Cube en Sticky Situations, en het twee Pan-Afrika-leeskamers in die sentrum gevestig.

Hy is in 2016 hier as bestuurshoof aangestel nadat hy agt jaar lank die artistieke direkteur van die Nasionale Kunstefees in Makhanda was.

Hy is onlangs tot die raad van die Kaapstad Ballet verkies.

Meer oor:  Ismail Mahomed  |  Durban  |  Teater  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.