Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Markteater-stigting soek direksielede

Die departement van sport, kuns en kultuur het die publiek genooi om geskikte lede vir die Markteater-stigting se nuwe direksie te benoem.

Die Markteater in Newtown, Johannesburg. Foto: markettheatre.co.za

Die stigting is in 1976 as ’n organisasie sonder winsbejag gestig en sluit vandag benewens die geliefde Markteater in Newtown, Johannesburg, ook die Markteater-laboratorium, die Mark-fotografieslypskool en die Windybrow-kunssentrum in.

Luidens ’n mediaverklaring moet direksielede ’n breë verwysingsraamwerk en ondervinding in die volgende velde hê: die uitvoerende kunste; kuns, kultuur en erfenis; bestuurs-, finansiële en regskennis; ervaring met bemarking, skakelwerk, fondswerwing, navorsing en korporatiewe bestuur. Hulle moet bereid wees om gemeenskapsdiens te doen.

Belangstellendes wat iemand wil benoem moet die volgende by hul aansoek insluit:

  • ’n Brief wat die benoeming motiveer en die benoemde se volle naam, adres en telefoonnommer insluit.
  • Die benoemde se jongste CV, insluitende drie verwysings.
  • ’n Kort verklaring deur die benoemde wat sy of haar gepastheid vir die rol motiveer.
  • ’n Afskrif van die benoemde se ID en gesertifiseerde afskrifte van sy of haar kwalifikasies.

Aansoeke sal nie oorweeg word as enige van die bogenoemde ontbreek nie. Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word.

Aansoeke moet die direkteur-generaal van die departement sport, kuns en kultuur teen 19 Februarie bereik. Dit kan vir Lindeka Moeng se aandag na Posbus X897, Pretoria, 0001 gepos word. Dit kan ook per e-pos na lindekam@dsac.gov.za gestuur word.

Navrae kan aan dié e-posadres gerig word, of skakel 066 301 4641.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier met ’n bykomende bron: nationalgovernment.co.za

Meer oor:  Markteater  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.