Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Mense stroom na Broadway, West End

Vertonings op Broadway, New York, het in die 2018-’19-boekjaar ’n rekordbedrag van $1,829 miljard ingebring. Dit is 7% meer as die vorige boekjaar.

In Brittanje het Londen se West End-teaters in 2018 ook goed gevaar deur £765 miljoen meer te verdien, ’n styging van 8,6% vergeleke met die vorige boekjaar.

Die bywoning op Broadway het van 13,79 miljoen tot 14,77 miljoen gestyg.

Charlotte St. Martin, die Broadway League-president, sê in ’n verklaring: “Broadway is nou vir meer mense aantrekliker as ooit, dit sluit van kinders tot oumas en oupas in. Die groei in bywoning weerspieël ’n groot verskeidenheid in die aanbod van produksies met lang speelvakke, nuwe treffers en relevante stories vir die huidige gemeenskap. Dit, tesame met kaartjiepryse minder as $101 (sowat R1 500), bewys die toeganklikheid van die vermaakbedryf.”

In die afgelope week was 15 Broadway-vertonings meer as 98% vol, onder meer Aladdin, Dear Evan Hansen, Hadestown, Harry Potter and the Cursed Child, Network, Oklahoma!, The Lion King, The Phantom of the Opera en To Kill a Mockingbird.

In Londen se West End-teaters het 3% meer mense in 2018 vertonings bygewoon, vergeleke met 2017, terwyl die kaartjiepryse met 5,5% gestyg het. Toneelstukke se bywoning het egter met 6,5% gedaal, maar musiekspele het daarvoor vergoed deur in dieselfde tydperk 8,2% meer gehoorlede te lok. Daar is 18 708 vertonings aangebied, wat 2,08% meer is as die vorige jaar.

Kenny Wax, die president van die Society of London Theatre, sê die syfers is ’n bewys dat die West End voorsien in die publiek se behoefte aan gehaltevermaak. Hy waarsku egter dat teaters wat vir herstelwerk gesluit moet word, gewilde musiekspele wat eindig en ’n onseker politieke klimaat ’n negatiewe uitwerking in die komende maande kan hê. – Bronne: Deadline; SOLT

Meer oor:  Teater  |  Broadway
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.