Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Mike en Mavis’ vervang ‘Die Beiteltjie’ op RSG

Die gewilde radiodrama Mike en Mavis met Elize Cawood en Wilson Dunster word volgende week op RSG uitgesaai in die plek van Die Beiteltjie wat regstreeks vanaf die KKNK in Oudtshoorn te hoor sou wees.

Die fees is weens die Covid-19-pandemie afgelas is, maar luisteraars kan steeds Donderdag vir Mike en Mavis inskakel.

Wilson Dunster en Elize Cawood in ‘Mike en Mavis’.

Dié akteurspaar se dogter, Jenna Dunster, is ook in die drama te hoor.

Dit was die regisseur Gerrit Schoonhoven se debuut met die regie van radioteater.

Schoonhoven is ook die regisseur van Wessel Pretorius se teks wat in 2017 as toneelstuk op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom gedebuteer het.

Schoonhoven het ook die radio-verwerking gedoen.

Mike en Mavis ontmoet mekaar en ’n romanse ontwikkel, maar daar is ’n kinkel in die kabel. Mavis word na die opening van ’n bioskoop genooi. Sy woon op ’n kusdorpie, haar man is dood en sy leef in haar eie klein wêreldjie. Mavis se dogter wat oorsee woon, moedig haar aan om die opening by te woon, en daar ontmoet sy vir Mike.

  • Mike en Mavis word Donderdag om 20:00 uitgesaai. Luister na RSG op 100 tot 104 FM.
  • RSG se nuwe radiodrama-seisoen begin op 2 April.
Meer oor:  Feeste  |  Kknk  |  Teater  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.