Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Miss Daisy’ ry by Fugard aan op pad na KKNK
Jacques Bessenger, Sandra Prinsloo en John Kani in So ry Miss Daisy.

Die enigmatiese Miss Daisy sit vandeesweek haar reis in Kaapstad voort.

Direk van die Woordfees, is die stuk So ry Miss Daisy van vandag tot 1 April in die Fugard-teater in Distrik Ses op die planke. Daar sal Engelse boskrifte wees.

In die rolverdeling is Sandra Prinsloo as Daisy Viljoen, John Kani as haar motorbestuurder, Hoke Mxubela, en Jacques Bessenger as Daisy se seun. Saartjie Botha het Driving Miss Daisy van Alfred Uhry in Afrikaans vertaal en Christiaan Olwagen is die regisseur.

Die bejaarde Daisy is aanvanklik onwillig wanneer haar seun ’n motorbestuurder aanstel om met haar rond te ry nadat sy haar motor afskryf. Die twee se reis duur uiteindelik 25 jaar en hul vreemde verhouding boei ten spyte van kleurgrense en sosiale stand.

Die stuk het verlede jaar sy debuut op die Aardklopfees in Potchefstroom gehad. Dis die eerste keer in meer as 30 jaar dat Prinsloo en Kani saam op die verhoog is. Die vorige keer was in Miss Julie in die 1980’s.

Ná die fees het Prinsloo die prys vir beste aktrise ontvang vir haar rol as die bejaarde Daisy.

In sy resensie van die stuk op Potchefstroom, skryf AJ Opperman: “Skerp is die humor beslis. Hoke en Miss Daisy se kwinkslae is ’n vreugde” en “Daar is wendings, harde werklikhede, maar die egtheid van die storie laat ’n mens met genoegdoening”.

So ry Miss Daisy word van 8 tot 12 April op die KKNK opgevoer.

Meer oor:  Sandra Prinsloo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.