Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Moskouse Ballet kom voer ‘Romeo en Juliet’ op

Die name Romeo en Juliet herinner net aan een ding – ’n tragiese liefdesverhaal wat universele onsterflikheid verwerf het sedert Shakespeare die drama teen omstreeks 1600 geskryf het.

’n Toneel uit Romeo en Juliet na die musiek van Tsjaikofski deur die Koninklike Moskouse Ballet.

’n Ballet is die ideale medium om die reeks emosies weer te gee wat in die verhaal voorkom.

Die Koninklike Moskouse Balletgeselskap uit Rusland is in Suid-Afrika met ’n aanbieding wat ook ’n balletweergawe van die Duitse komponis Carl Orff se bekende Carmina Burana insluit.

Ook op die program is ’n abstrakte balletuitvoering van die Russiese komponis Peter Tsjaikofski se Simfonie nr. 6, oftewel, Pathétique.

Die program open met die Romeo en Juliet-eenakter na die musiek van Tsjaikofski – Prokofiëf het ook musiek vir dié ballet gekomponeer – wat uit drie verhaallyne bestaan. Eerstens word die karakters aan die heilige broeder Laurence voorgestel, daarna sit die Capulet- en Montague-familie hul vete voort en derdens word Romeo en Juliet se passievolle liefde uitgebeeld. Verlange, angs en ’n misverstand kenmerk die liefdestonele.

Ná die pouse volg die teenpool van dié tradisionele klassieke ballet.

Die kantate Carmina Burana is ’n versameling van Middeleeuse tekste oor die gewone burgers van daardie tyd. Dié burgers was losbandige studente en minder vrome swerwende monnike. Die musiek is egter lieflik en die opening, “O fortuna”, welbekend sedert dit as musiek vir die ikoniese televisieadvertensie van die naskeermiddel Old Spice gebruik is.

Anatoly Emelianov is weer die hoofdanser en choreograaf van die geselskap van sowat tien dansers.

Die Moskouse Balletgeselskap is in 2002 gestig en besoek Suider-Afrika feitlik jaarliks.

* Gaborone, Internasionale Konvensiesentrum: 5 Maart om 19:00.

* Pretoria, Atterbury-teater: 7 Maart om 19:00. * Durban, Playhouse: 9 Maart om 14:00 en 18:00. * Oos-Londen, Guild-teater: 11 Maart om 19:00 * Bloemfontein, Sand du Plessis-teater: 12 Maart om 19:00.

Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Atterburyteater  |  Gaborone  |  Botswana  |  Ballet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.