Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Musiekpaar vier die liefde in Pierneefteater

Met Perhaps Love bied die musiekpaar Robert Brooks en Gisela de Villiers Saterdag in die Pierneefteater in Pretoria die eerste keer ’n Valentynskonsert aan.

Dit sluit temamusiek uit rolprente soos Love Story en The Godfather, sowel as Spaanse en Franse liefdesliedjies in.

“Dit is ’n luisteraand,” sê De Villiers, komponis, pianis en kabaretsangeres.

Robert Brooks en Gisela de Villiers bied Saterdag hul eerste Valentynskonsert aan.

“Ons weet dit is geliefde musiek, wat selde gehoor word. Ons vier Valentynsdag skaamteloos, mense moet sommer rooi aantrek as hulle na die konsert kom kyk. Dis die mooiste melodieë en natuurlik John Denver se ‘Perhaps Love’.”

Sy bied gewoonlik haar eie komposisies aan en het twee weke gelede die eerste keer weer op ’n verhoog gestaan sedert die staat van inperking verlede jaar in werking getree het.

“Jy kry energie van jou gehoor af en anders om. Ek en Robert voer albei solowerke uit. Gewoonlik gaan ons streng klassiek, maar ons vier vir die eerste keer op die verhoog die liefde.”

Brooks, ’n Oostenrykse sanger, voer ook Spaanse en tangomusiek uit.

De Villiers tree gereeld as beoordelaar op tydens eisteddfods en die ATKV se Applous-koorkompetisie.

Gisela de Villiers en Robert Brooks

Haar optredes sluit in improvisasies waarin sy op die verhoog musiek komponeer van gedigte wat deur gehoorlede aan haar gegee word. Sy is ook direkteur van die maatskappy Infullvoice Productions, waar jong sangers opgelei en hul talent ontwikkel word.

Brooks is in 1986 as die wenner van die Internasionale Lieder-kompetisie in Wene, Oostenryk, aangewys.

Hy is die afgelope paar jaar voltyds by die Miagi (Music Is a Great Investment)-jeugorkes betrokke, ’n onderrigprogram wat aan jong sangers en musikante die geleentheid bied om hul talent te slyp en dit uit te leef. Hulle kry gereeld die geleentheid om in die buiteland op te tree.

• Die konsert begin om 18:30. Net 50 gehoorlede word ingevolge die regulasies van die aangepaste vlak 3 van die inperking toegelaat. Kaartjies kos R120 tot R140.

Stuur ’n e-pos na info@pierneefteater.co.za of bel 072 460 5568 om te bespreek.

Meer oor:  Musiek  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.