Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Musiekspel vertel Rodgers en Hammerstein se storie
Brett de Groot en Daniel Geddes in My Favourite Things. Foto: Gemma Garman Photography

Die komponis Richard Rodgers en die librettis Oscar Hammerstein, bekend om gewilde musiekspele soos The Sound of Music, Oklahoma! en The King and I, se eie verhaal word vandeesweek as ’n musiekspel in Johannesburg opgevoer.

Dié splinternuwe produksie, My Favourite Things, uit die pen van Brett de Groot word van Vrydag tot Sondag in die Fringe in die Joburgteater in Braamfontein aangebied.

“Rodgers en Hammerstein was die eerste mense wat musiekspele geskryf het waar die liedjie die storie moet voortstu,” sê De Groot. “Die karakter het soveel emosies gehad dat sy of hy daaroor moes sing. Hammerstein het met die konsep vorendag gekom van hoe ’n musiekspel moet werk. Vandag is dit so algemeen, maar hulle het dit daargestel. Hulle het Broadway verander. Ons produksie vertel hulle storie en ons gebruik die formule waarvoor hulle bekend geword het.”

De Groot, wat ook die rol van Hammerstein vertolk, is ook die skrywer van die produksies Simply Broadway en The Man & The Mouse, en het sowat twee jaar gelede aan die produksie begin werk.

Musiek uit dié suksesvolle tweemanskap se sogenaamde “groot vyf” word opgevoer. Dit is Oklahoma!, Carousel, The King and I, South Pacific en The Sound of Music.

Die titel van De Groot se produksie is ook een van die liedjies in The Sound of Music.

“Ek moes maar baie selektief wees oor watter musiek ons in die produksie sou insluit,” sê De Groot.

“Die musiek is nie chronologies ten opsigte van hoe dit uitgereik is nie, maar word verweef in die verhaal van dié twee skeppende geeste. Daar is ook musiek uit The Great American Songbook en uit Cinderella, nóg een van hul produksies.”

Hammerstein is in 1960 dood en Rodgers in 1979, maar hul musiek leef voort.

Carousel is ouer as 70 jaar en onlangs is dit weer afgestof om op Broadway opgevoer te word.”

Daniel Geddes vertolk die rol van Rodgers in die produksie. Die stel is ’n voorstelling van Times Square in die 1950’s.

Die rolverdeling sluit ook Kiruna-Lind Devar, Alyssa Harrison en Sandi Dlangalala in en die musikante is David Cousins, Lindzi Wiggins, Cole Matthews en Stephen Haiden.

* Vertonings is Vrydag en Saterdag om 20:00 en Sondag om 15:00. Kaartjies kos R160 tot R180. Bespreek by Webtickets.

Meer oor:  Oscar Hammerstein  |  Richard Rodgers  |  Brett De Groot  |  Joburgteater  |  Teater  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.