Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
’n Boodskap van Evita op haar 85ste

Evita Bezuidenhout is 85 – én sy spog met ’n nuwe voorkoms vir die okkasie. Sy het ook iets op die hart.

Evita Bezuidenhout vier vandag haar 85ste verjaardag. Foto: Hentie van der Merwe

Om 85 te word het nuwe energie van haar geverg, skryf Evita in ’n nota aan Netwerk24. “Sodra die wêreld uit sy dwangbuis van vrees en isolasie kom, sal die sogenaamde “nuwe normaal” baie voel soos die Depressie van 1930 wat gelei het tot die opkoms van fascisme.

“Ekonomies lyk sake droewig. Daar is nie politieke visie nie. Die verwarde ANC is nie in staat tot leierskap nie. Die onsigbare koronavirus het die virus van korrupsie, kaping en bemagtiging net meer sigbaar gemaak.

“Daar is niks wat ons kan doen om die werklikheid van die Covid-19-pandemie te verander nie. Ons moet hou by die reëls vir oorlewing. Fokus op jou familie, vriende, bure en gemeenskap. Die talle voorbeelde van goeie buurmanskap en ondersteuning die afgelope ses maande het my geïnspireer. “President Ramaphosa het gesê lede van die ANC wat bekend is vir hul korrupsie moet hul poste verlaat. Dit is tyd om die eerlike kamerade te vind. Die lewe gaan aan met of sonder Covid-19. Laat ons ons gemeenskap die juweel in die kroon van die demokrasie maak. Die toekoms begin by ons. Die tender vir oranje speelpakkies is oop vir sake. Hou die ruimte dop (met jou masker aan!)”

Evita se meeloper, die satirikus Pieter-Dirk Uys, is vandag 75.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.