Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Op die verhoog:
’n ‘Macbeth’ met moderne aanslag

Macbeth;met Marcel Meyer en Matthew Baldwin; Regisseur: Fred Abrahamse

Om dié Shakespeare-drama (wat vanjaar vir skole voorgeskryf is) met slegs ses mans op die verhoog uit te beeld, wil gedoen wees. En soos destyds met Hamlet, slaag Fred Abrahamse en sy span goed daarin.

Die bloedige drama van Macbeth wat koning van Skotland wil word en dan deur sy ambisieuse vrou aangehits word om moord te pleeg om sy ideaal te verwesenlik, word hier visueel met verbeelding en gesag aangebied.

Dit is veral die strak inkleding van die verhoog, waar ses akteurs om ’n reuse-tafel sit waarom en waarop die drama afspeel, wat verder gewig aan die produksie verleen.

Ook Charl-Johan Lingenfelder se atmosferiese musiek vol onheil, neurose, bloederigheid en vrees wat oor die stuk hang, verdien vermelding.

Dit gaan hier oor skuldgevoelens en gewete. Hoe slaap ’n mens as jy soveel bloed aan jou hande het? Voeg hierby die profesieë van drie hekse met swierige maskers, asook ’n neulende, sterk vrou, en Macbeth se bene begin lank voor die bloedige eindgeveg wankel.

Die spel beïndruk. Marcel Meyer as die geteisterde Macbeth se hellevaart deur sy verterende ambisie en gewete word uitstekend deur die akteur oorgedra.

Tristan de Beer is dalk nie heeltemal so suksesvol as Lady MacBeth nie. Haar immer teenwoordige teistering en verleidelike boosheid vertoon nie so sterk soos ’n mens sou verwag nie.

Maar oor die algemeen is dit ’n stewige, oortuigende en dapper produksie waarby veral skole kan baat vind in ’n uitbeelding wat ook ’n moderne en toeganklike aanslag het.

  • Tot 9 September in die Pieter Toerien-teater in Montecasino.
Meer oor:  Macbeth  |  Marcel Meyer  |  Matthew Baldwin  |  Fred Abrahamse  |  Verhoog  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.