Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
’n Ode aan Walt: Disney iets wat jy wil misloop nie
Brett de Groot, regisseur van die musiekspel The Man and the Mouse.

Die musiekspel The Man and the Mouse, oor Walt Disney en die inspirasie agter van sy bekendste animasierolprente, is vandeesmaand terug op die planke in Johannesburg.

Die regisseur Brett de Groot het gereken dat Suid-Afrikaners ook in Mickey Mouse se 90ste verjaardagvieringe in 2018 moet deel.

“Met die produksie kry Suid-Afrikaners ook die geleentheid om hierdie karakter en die man te vier wat soveel vreugde in ons lewe gebring het.”

Dit word van 26 tot 28 Julie in die Fringe-teater in die Joburgteater in Braamfontein opgevoer.

“Dit is asof ’n reuse-animasietekenbord lewe kry,” sê De Groot oor die musiekspel wat in 2015 die eerste keer in Johannesburg opgevoer is.

“Die storie word uit die perspektief van ’n animasiekunstenaar vertel. Walt Disney word nie in die produksie vertolk of uitgebeeld nie, maar hy was gewis ’n fassinerende man. Hoewel hy as kind nie altyd die gelukkigste tyd by die huis gehad het nie, het hy daarvoor gesorg dat ons as kinders baie goeie tye gehad het en vandag nog die goeie herinneringe koester.”

Die produksie bestaan uit musiek uit die rolprente Mary Poppins, The Little Mermaid, Pocahontas, Beauty and the Beast, Aladdin, The Lion King, Toy Story, Tangled en Frozen.

“Ek onthou hoe ek The Little Mermaid as kleuter gesien het. Ek dink ek was vier jaar oud. Dit het my geweldig gefassineer en daardie fliek het my aan die formule van ’n Broadway-musiekspel bekend gestel. Ek is mal daaroor om stories in hierdie formaat te vertel.”

Die produksie bestaan uit musiek uit die rolprente Mary Poppins, The Little Mermaid, Pocahontas, Beauty and the Beast, Aladdin, The Lion King, Toy Story, Tangled en Frozen.

De Groot het al produksies soos Simply Broadway en My Favourite Things die lig laat sien.

“Nadat jy The Man and the Mouse gesien het, sal jy nooit weer op dieselfde manier na hierdie animasierolprente kan kyk nie. Die belangrikste fokus is die inspirasie vir hierdie flieks. Danksy Walt het ons wonderlike dinge as kinders ervaar.”

* Vertonings is op 26 en 27 Julie om 20:00 en op 28 Julie om 15:00. Kaartjies kos R200. Bespreek by Webtickets. Dit word ook twee keer op die Hilton-kunstefees in KwaZulu-Natal opgevoer wat van 13 tot 15 September aangebied word.

Meer oor:  Walt Disney  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.