Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Nataniël gou weer in Sand du Plessis
Nataniël

Wanneer Nataniël op die verhoog is, kry die gehoor ’n produksie met kabaret, teater, komedie en musiek alles in een. Maar wat sy aanbiedings op ’n heel ander planeet plaas, is sy uitspattige kostuums.

Dít sal weer die geval wees wanneer Nataniël in November sy jaarlikse verskyning in Bloemfontein maak.

Dié meesterkunstenaar het in sy loopbaan van 29 jaar 15 CD’s uitgereik, 60 verhoogproduksies opgevoer en 15 boeke geskryf waarvan die nuutste, Zip, pas verskyn het. Dit bevat van sy nuwe lag-met-’n-traan-stories – party in Engels, maar die meeste in Afrikaans.

Mense wat nie sy optredes kan bywoon nie, kan hulle met dié stories troos.

Die musiek in die produksie word gemaak deur die kitaarvirtuoos Juan “Floors” Oosthuizen en die Charl du Plessis-trio. Die trio bestaan, benewens Du Plessis as pianis, uit die kontrabasspeler Werner Spies en die tromspeler Hugo Radyn. Hulle sal Nataniël begelei in treffers soos “Purple Rain”, “Ain’t Got Nothin’ but the Blues” en “Moeder Aarde”.

Tussendeur vertel Nataniël sy koddige stories.

  • Nataniël in Concert: 9 en 10 November om 19:30 in die Sand du Plessis-teater. Bespreek by Pacofs by 051 447 7772.
Meer oor:  Musiek  |  Toneel  |  Nataniël  |  Konsert  |  Opvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.