Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Nataniël hou weer konsert in Vrystaat

Nataniël se webtuiste vertel van ’n kunstenaar wat selde tot rus kom. Hy kook, hy skryf, hy sing, hy gesels en ná meer as 30 jaar se kunstenaarslewe is daar steeds geen einde aan sy kreatiwiteit nie.

Hy gee ook nie om waar hy optree nie – of dit ’n gemeenskapsaal op die platteland is of ’n paleis in Frankryk, hy hou op enige plek konsert.

Nataniël

Nataniël gesels

In dié geselsprogram wat vir die gehoor soos ’n konsert is, net sonder musiek, bied hy op 1 Junie in die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg aan. Dié “motiveringspraatjie” is deel van die Optogprojek en as jy nie ’n paar lewenslesse daaruit put nie, sal dit jou ten minste laat lag.

The Love Collection

In The Love Collection in Roodepoort beskryf en ondersoek hy die liefde op “ ’n ongewone” wyse, sê sy begeleier, Charl du Plessis. Hy sê Nataniël se stories is altyd uitstekend, maar die stories is “absoluut fantasties”. “Jy sal lag en huil, maar meestal lag.”

Die ontwerper Floris Louw se kenmerkende flambojante kostuums is deel van die vertoning, asook Werner Spies wat baskitaar en kontrabas saam met Du Plessis speel.

’n Tydelike Kaalkop-winkel word in die portaal opgerig.

* 5 tot 8 Junie om 19:00, 9 Junie om 15:00 in die Roodepoort-teater. Geen kinders jonger as 15 jaar word toegelaat nie.

Messenger

“ ’n Teken, ’n boodskap, ’n vermoede, ’n spreekwoord, ’n skok, ’n onthulling, dis hoe lewens verander word, ten goede of ten duurste.

“ Van die vroegste wonderwerke, legendes en mites tot die nuutste uitvindsels of internet-vullis, die grootste deel van die mensdom leef oorweldig deur vrese, giere, moegheid of histerie.”

So skryf Nataniël oor die sosiale verskynsel Messenger wat “verlam, verras en vernuwe” en in Julie in Bloemfontein op die planke sal wees.

Messenger is ’n versameling nuwe verhale, in Engels en Afrikaans, oorspronklike komposisies en tydlose musiek wat bekend gemaak is deur kunstenaars soos Tom Jones en B.B. King.

Die garderobe wat Louw vir die vertoning geskep het, word as “asemrowend” beskryf en die skreeusnaakse, fantastiese, nostalgiese, splinternuwe produksie as ’n “fees vir die fynproewer”.

Die Charl du Plessis Trio met Spies en Peter Auret op tromme sal die musiek verskaf.

* 30 Julie om 19:30 in die Sand du Plessis-teater. bespreek by Pacofs by 051 404 7714 of by die Sand se kaartjieskantoor.

''Kookboek''

Die “kookboek” Edik van Nantes, wat uit die kykNET-reeks spruit, is nou in winkels te koop.

Nataniël sê dié boek is “veel meer as net ’n versameling resepte: Dis die getuienis van ’n avontuur van vier jaar, van die vreugde van twee broers en die geskiedenis van ’n familie, ’n portefeulje van fotografie, ’n dossier van kuns, ’n ontwerp van skoonheid en ’n liefdesbrief aan ’n ongewone stad!”

Nataniël en Erik le Roux is die skrywers en Human & Rousseau die uitgewer.

Meer oor:  Nataniël  |  Konserte  |  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.