Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Nataniël in Atterbury met ‘Lily Refuses to Listen’

Nataniël se nuutste teaterproduksie, Lily Refuses to Listen, wat deur die onkonvensionele aktrise Lily Elsie geïnspireer is, is vandeesweek weer in die Atterbury-teater in Pretoria as deel van Optog! op die planke.

Lily Elsie was ’n aktrise in die Eduardiaanse tydperk.

Nataniël

Sy was veral bekend om haar optrede in Franz Lehár se opera The Merry Widow wat in Londen gedebuteer het.

Sy is in 1962 dood.

Nataniël, wat stories in Afrikaans en Engels vertel, tree saam met die Charl du Plessis Trio op. Hy wil nie veel verklap oor hoe Elsie in die produksie inpas nie.

Sy vertellings ontstaan in Afrikaans sowel as Engels, sê hy. Die onderwerp, styl of tydperk waarin ’n storie afspeel, bepaal die taal wat hy gebruik – hy dink nie veel daaroor nie. Hy dra splinternuwe kostuums, soos gewoonlik ontwerp deur Floris Louw, in dié vertoning.

Synde ’n etiketkenner verwelkom hy almal, maar moenie met ’n kortbroek opdaag of jou selfoon aanhê gedurende een van sy vertonings nie.

* Vertonings is Dinsdag tot Saterdag om 20:00 en duur 90 minute. Kaartjies kos R260 tot R280. Bespreek by iTickets. Die konsert het ’n ouderdomsbeperking van 15.

* Die Charl du Plessis Trio bestaan uit Du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Peter Auret (dromme). Die Kaalkop Kersfeeswinkel is in die foyer.

Meer oor:  Nataniël  |  Atterburyteater  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.