Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Nataniël kook, klets op verhoog in Pretoria

Nataniël bied op 20 Maart sy Herfskombuis in die Atterburyteater in Pretoria aan.

Mense wat moeg is vir dieselfde verbeeldinglose kos, sal veral hierby aanklank vind. Ook as jy nie juis lus is om ure in die kombuis te staan nie.

Nataniël se Herfskombuis is nét die ding om jou te inspireer.

Tydens hierdie unieke kook-en-kletsgeleenthede staan hy op die verhoog en demonstreer vinnige, eenvoudige, dog smullekker geregte terwyl hy sy spontane kwinkslae die een ná die ander kwytraak.

Die resepte van die aand is ná die tyd
in die voorportaal beskikbaar, en daarna ook op die Atterburyteater se webblad.
Besoek atterburyteater.co.za vir meer inligting.

Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies kos R200. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Nataniël
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.