Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Nóg ’n kans om ‘Kamphoer’ in Atterbury te sien

Teatergangers in Gauteng het nóg ’n kans om die bekroonde eenvroustuk Kamphoer – die verhaal van Susan Nell met Sandra Prinsloo in die Atterburyteater in Pretoria te sien.

Sandra Prinsloo in ‘Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell’. Foto: Vrystaat Kunstefees

Die ekstra vertoning is op 29 Februarie om 17:00 nadat die ander vertonings in dié speelvak uitverkoop is.

Prinsloo is op 9 Februarie in Kaapstad met ’n Fiësta-prys bekroon vir haar vertolking van ’n vrou wat tydens die Anglo-Boereoorlog in ’n konsentrasiekamp verkrag is.

Lara Foot is die regisseur.

Die eenvroustuk is gegrond op Francois Smith se gelyknamige roman wat in 2014 by Tafelberg verskyn het.

Dié ware verhaal handel oor Nell wat in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood agtergelaat is. Jare later kom sy weer die mense teë wat haar leed aangedoen het.

Cecilia du Toit het die verhoogverwerking gedoen.

Kaartjies kos R200 tot R220. Bespreek by iTickets.

Meer oor:  Sandra Prinsloo  |  Atterburyteater  |  Pretoria  |  Kamphoer  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.