Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Nog 'n kans om toneelstuk te sien

Nadat slegs ’n beperkte aantal gehoorlede die toneelstuk Dead End in die Joburgteater kon bywoon, kry teaterliefhebbers tot 18 Oktober kans om dit aanlyn te kyk.

Sanelisiwe Yekani in ‘Dead End’.

Met dié stuk, wat die gevierde dramaturg Zakes Mda op skool geskryf het, is ’n produksie die eerste keer in maande in die Lesedi-teater opgevoer, maar net 44 gehoorlede is toegelaat om ’n gesonde afstand te handhaaf.

Die toneelstuk beeld ’n gesprek uit wat ’n moordenaar met God voer.

Hoewel Mda (72) die teks op skool geskryf het, was hy al ouer toe dit die eerste keer in die 1970’s in Soweto opgevoer is.

Die man is in aanhouding en hy dink terug oor die gebeure wat tot sy inhegtenisname gelei het. Hy dink na oor wat hy gedoen het.

Makhaola Ndebele, artistieke direkteur van Joburg City Theatres, is die regisseur.

Die stuk skets onder meer die patriargale stelsel met die moordenaar wat nie wil hê sy meisie moet werk nie. Sy raak swanger en hy dwing haar om ’n aborsie te kry.

Die rolverdeling bestaan uit Mncedisi Shabangu, Khulu Skenjana en Sanelisiwe Yekani.

Dead End word elke aand om 20:00 gestroom. Kaartjies kos R30. Bespreek by joburgtheatre.com.

Meer oor:  Zakes Mda  |  Joburgteater  |  Braamfontein  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.