Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Nóú moet ons lag, sê Marion Holm

“Die Vader weet, nóú moet ons lag,” sê die aktrise Marion Holm wat eersdaags in haar nuwe solostuk, Holmruggery, optree.

Sy het die afgelope 18 maande selde die kans gekry om haar slag op die verhoog te wys, maar het wel intussen televisiewerk gedoen.

Marion Holm
Marion Holm Foto: Robert Hamblin

“Ja, ek moet nou weer in die ding kom, maar naderhand sal ek weer op die perd se rug kan sit. Dis net om nou hard te oefen. Ek sal later bloots kan galop.”

Tog is daar by Holm baie meer opwinding as vrees.

“Omdat humor die afgelope tyd op pause was, sukkel ’n mens om nuwe werk te skep. Daarom het ek besluit om stories uit my vorige vertonings saam te stel. Al hierdie stories is vantevore vertel. Ek het deur 17 jaar se konserte gegaan. Daar was stories waarvan ek al vergeet het – ek onthou skaars my naam. En dan was dit nou eintlik nogal ’n goeie ontdekking. Daarom het ek gedink dit sal goed werk. Ek kies maar stories soos die memories opkom en waar dit van toepassing is.”

"Kyk rondom jou, dan sal jy die humor sien."

Sy kies stories wat sy glo vir haar gehoor sal snaaks wees. Dit wat sy op die verhoog vertel, is nie noodwendig vir haar snaaks nie.

“Maar as iemand soos Nataniël begin praat, lag ek dadelik.”

Sy vertel van gebeure in haar lewe.

“Kyk rondom jou, dan sal jy die humor sien. Maar weens die inperking is ’n mens by die huis en jy ervaar nie soveel snaakse dinge nie.”

Sy tree die naweek in Die Boer-teater in Durbanville en volgende week op die Kalfiefees in Hermanus op, waarna sy in die Kruger-galery by die Voortrekkermonument in Pretoria sal skerts.

“Dis nou nie fees-fees nie,” sê sy, omdat daar kleiner gehore is.

“Maar of dit ’n groot of klein gehoor is, dit maak nie aan my saak nie. Ek dink ’n kleiner gehoor is selfs lekkerder om voor te speel. Maar dit gaan oor die finansiële implikasie.”

Holm het die afgelope jaar in kykNET-flieks soos Paardebloem verskyn en aan die fliek Beurtkrag verfilm.

Sy verskyn eersdaags in die kykNET-sepie Suidooster en deesdae bied sy dramaklasse aan.

• Vertonings by die Voortrekkermonument is op 30 September om 11:00 en 13:00, 1 Oktober om 14:00, 2 Oktober om 18:00 en 3 Oktober om 10:00. Kaartjies kos R150. Besoek ticketpros.co.za om te bespreek. • Vertonings in Die Boer-teater is Saterdag en Sondag om 20:00. Nog twee vertonings is vir 2 en 7 November gereël. Kaartjies kos R150.

• Vertonings op die Kalfiefees is op 24 September om 19:00 en 25 September om 10:00. Kaartjies kos R150. Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.