Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Nuwe Kani-stuk kom van Londen na Fugard-teater

Kunene and the King is John Kani se splinternuwe produksie waarin twee mans uit heeltemal verskillende wêrelde saamgegooi word en hulle bespreek die kwarteeu van verandering in die land. Kani is saam met Sir Antony Sher in die rolverdeling met Janice Honeyman as regisseur.

John Kani

Dit is ’n koproduksie saam met The Royal Shakespeare Company (RSC) en word in April in die Fugard-teater opgevoer. Dié speelvak volg op die wêreldpremière in die RSC se Swan-teater in Stratford-upon-Avon in Engeland.

Kani was laas in die Fugard-teater te sien saam met Sandra Prinsloo in So ry Miss Daisy. Hy is bekend as akteur, aktivis en dramaturg en was onlangs in die rolprent Black Panther te sien. Van sy bekendste stukke is The Island en Sizwe Banzi is Dead.

Janice Honeyman is bekend vir regie van onder meer The Tempest, Nothing But The Truth, Hello and Goodbye en die Fugard se produksie van The Mother. Sher sal onthou word vir sy vertolkings in The Tempest, die Fugard se produksie van Broken Glass en RSC-produksies van King Lear (2016 en 2018) en Death of a Salesman.

Antony Sher

Besprekings vir Kunene and theKing open op 30 April vir ’n speelvak van vier weke. Kaartjies kan van 5 November af 021 461 4554 of by die webtuiste www.thefugard.com bespreek word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.