Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Nuwe lewe in Sand du Plessis
‘Rooikappie’ word in Engels en Afrikaansin die Sand du Plessis-teaterkompleks in Bloemfontein opgevoer.

Daar is nuwe lewe in die Sand du Plessis-teater en een van die eerste produksies waarop die teaterligte skyn, is ’n professionele opvoering van Rooikappie.

’n Dag later open Paradise Blue, ’n Markteaterproduksie met die bekende akteur Aubrey Poo in die hoofrol.

Peter Pedlar, wat verlede jaar as uitvoerende hoof van Pacofs aangestel is, het ervaring in die uitvoerende kunste en is duidelik besig om die Sand du Plessis-teaterkompleks weer te vul met dit waarvoor dit gebou is – musiek- en toneelproduksies.

Rooikappie word in Engels en Afrikaans opgevoer met die ouddramadosent Stephanie Brink as die ouma, Nic Beukes in wolfgewaad, Marijda Kamper as die ma en die opkomende akteurs Kirsten Botha, wat Rooikappie vertolk, en Lorenzo Dampies, die houtkapper.

Michael Garbett, wat die regie saam met Walter Strydom hanteer, sê hulle gebruik ou teatertegnieke, soos ’n hele bos as verhoogdekor, en nuwe tegnieke vir ’n “nuwe” geslag kinders.

Hoewel die teks in Engels en Afrikaans is, hoef jy nie ’n woord te verstaan om die verhaal te volg nie. Daar is klankopnames, geanimeerde spel en geluide wat die verloop duidelik maak, sê Garbett.

Volgens Strydom, ook die teksskrywer, het hy die bekende Rooikappie-verhaal in wese behou met hier en daar aanpassings om verrassingsoomblikke te skep.

* Die vertonings is op 4 Maart om 08:30 en 11:00 en op 5 Maart om 11:00 in Studio 2 in die Sand du Plessis-teaterkompleks. Die kaartjies kos R30. (Daar is nie ’n vertoning op 6 Maart nie.)

Paradise Blue deur die Amerikaanse dramaturg Dominique Morisseau gaan oor die versugtinge van mense aan die rand van die samelewing. Volgens ’n nuusverklaring sal “Suid-Afrikaanse gehore aanklank vind by die toneelstuk wat handel oor inwoners met ’n lae inkomste se stryd om oorlewing”.

Naas Poo is die ander akteurs Pakamisa Zwedala, Seneliso Dladla, Busisiwe Lurayi en Lesedi Job. Jazz-musici is ook op die verhoog.

* 5 tot 7 Maart in die André Huguenet-teater.

Meer oor:  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.