Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Oogkundige wen radiodrama-kompetisie
Karin du Toit (39), ’n oogkundige van Vanderbijlpark, is met haar donker komedie, Die Lyk, die wenner in vanjaar se RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie.

’n Oogkundige van Vanderbijlpark Karin du Toit (39) is met haar donker komedie, Die Lyk, vanjaar se wenner van RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie.

Dit is haar eerste radiodrama en sy het 121 ander inskrywings uitgestof. Die prysgeld in die kompetisie, wat vanjaar 23 jaar oud is, is R35 000.

“Ek is die afgelope 16 jaar ’n oogkundige, hoewel ek eintlik meer in skryf as in oë belangstel,” het sy gebieg.

Haar radiodrama handel oor Trudie, ’n vrou wat jare lank fisiek en emosioneel deur haar man aangerand word.

In ’n hewige argument een aand steek sy hom met ’n mes in die rug. Saam met haar volwasse seun, Francois, maak hulle planne om van die lyk ontslae te raak. Hul bemoeisieke buurvrou Charmaine, wat alles raaksien én hoor, bemoeilik egter sake.

Zelda Bezuidenhout (57) van Parys in die Vrystaat het die tweede plek met As ’n kind kom kuierbehaal.

Zelda Bezuidenhout (57) van Parys in die Vrystaat het met As ’n kind kom kuier die tweede plek behaal. Bezuidenhout is bekend om haar volwasse roman, Die dekonstruksie van Retta Blom. Dit is haar eerste radiodrama en sy het R25 000 gewen.

In die derde plek is Lee Doubell (62) met Koue Kaiings. Dié Johannesburger was in 2017 die algehele wenner met Rommel, rommel, en sy ander radiodrama, Grootpad na Kleinkop, is vroeër vanjaar op RSG uitgesaai. Hy ontvang R15 000.

Wilmi Wheeler (24) het vir Die Huisbesoek die prys vir Jong Skrywer ontvang, wat aan ’n skrywer jonger as 30 jaar toegeken word. Wheeler kom oorspronklik van Bultfontein in die Vrystaat. Dit is haar eerste radiodrama.

In die derde plek is Lee Doubell (62) met Koue Kaiings.

Daar was vanjaar twee rondes met twee afsonderlike panele beoordelaars. Ná die eerste ronde van beoordeling is 18 tekste gekies wat dan met die hulp van ’n mentor vir die eindronde geslyp is. Die finale tekste is toe aan ’n nuwe paneel beoordelaars gestuur. In elke ronde is die tekste anoniem beoordeel.

Volgens Kobus Burger, RSG se uitvoerende regisseur: drama, was die beoordelaars vanjaar veral deur die gehalte van die inskrywings beïndruk. “Hulle het gereken dat enige van die finaliste se tekste die potensiaal gehad het om as wenner uit die stryd te tree.”

Burger sê ook dat dit opmerklik is hoeveel van die finaliste die slypskole bygewoon het.

Die prys vir Jong Skrywer, wat toegeken word aan ’n skrywer jonger as 30 jaar, is aan Wilmi Wheeler (24) vir Die Huisbesoek toegeken.

“Die praktiese inslag van die slypskole bied aan voornemende skrywers al die nodige vaardighede om in die kompetisie uit te blink.”

Die wendramas sal vanaf April in RSG se eerste Radioteater-seisoen vir 2020 gehoor word.

Meer oor:  Kompetisie  |  Radiodrama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.