Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Op die TV-verhoog: Dié toneelstuk sal liefhebbers vasgenael hou

All My Sons. Met Sally Field en Bill Pullman. Regisseur: Jeremy Herrin.

Met Jeugdag pas agter die rug en ’n magdom kommersiële suigstokkievermaak, spreek hierdie toneelstuk tot toneelverslaafdes, wat jare laas in ’n teater was, en moedig hulle aan om ’n onthutsende toneelstuk te stroom wat ’n mens vasgenael hou. Dis verfilm deur die National Theatre in die Old Vic in Londen en jy moet betaal om daarna te kyk.

Arthur Miller het dit geskryf nadat sy eerste teaterstuk ná slegs vier vertonings van die planke afgehaal is. All My Sons, met Sally Field wat uit haar hart speel teenoor Bill Pullman as ’n waardige akteursopponent, speel in 1947 af. Joe en Kate is suksesvol. Hulle het twee seuns grootgemaak en hul onderneming is vooruitstrewend. Hulle leef die Amerikaanse droom soos dit in sprokies opgeteken is.

Maar hoe sê hulle? As dit blyk te goed is om waar te wees, ís dit te goed om waar te wees. En kort voor lank stort hul Amerikaanse droom dawerend in duie. Hoe hanteer hulle dit? Dis veral Field se aanpak van uitdagings vol vurige aansporing en bakleiery wat ’n mens verstom laat oor die aktrise se veelsydigheid. Sy is voorwaar nie net ’n goeie rolprent­aktrise nie! Sy werk in enige medium, veral teenoor die bedaarde Pullman wat eerder met stiltes en die onderspeel van emosies die storie na ’n klimaks stuur.

  • All My Sons is op die National Theatre se webblad. Besoek www.ntathome.com/products. Dit kos R190 om dit te huur. Daar is ook verskeie ander produksies waarna jy teen betaling kan kyk.
Meer oor:  Op Die Tv-Verhoog  |  Toneelstuk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.