Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Opperman in ‘Steeds Donkie’ in teater in Pretoria

Met die wêreld wat weens die Covid-19-pandemie “heeltemal verander het”, het Dana Snyman sy solostuk Donkie aangepas na Steeds Donkie, waarvan twee opvoerings Sondag in die Atterburyteater, Pretoria, aangebied word.

“Die stuk was net skielik verouderd,” sê Snyman.

Frank Opperman as mnr. Swart in ‘Steeds Donkie’.

“Dit kon nie bly soos dit was nie. Ek moes dit uit nood doen. Daar is ’n aanvraag na die stuk, maar soos sake nou staan, dink ek nie ons kan die oorspronklike weergawe opvoer nie.”

Frank Opperman vertolk weer die rol van die skoolhoof, mnr. Swart, in die laaste verhoogproduksie waarvan Gerrit Schoonhoven, wat Dinsdag aan kanker dood is, die regisseur was.

Dit word aangebied deur die Aardklop Nasionale Kunstefees en is deur NATi (die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief) geborg.

Twee vertonings word op 1 November in Potchefstroom aangebied omdat Aardklop nie vanjaar gehou is nie.

Mnr. Swart, beter bekend as Donkie, lei ’n saalbyeenkoms van die Hoërskool Hans Oosthuizen.

“Nou moet die kinders maskers dra,” sê Snyman.

“En die skool is onder finansiële druk, sowel as druk om van ’n Afrikaansmediumskool na ’n dubbelmediumskool te verander. Mnr. Swart is ’n hartseer figuur. Ondanks die moeilike tye probeer hy steeds dinge maak werk, maar hy is goed gatvol, al het hy goeie bedoelings. Hy praat ook meer Engels in die nuwe weergawe, maar ’n baie swak Engels. Hy voer ook die ‘Jerusalema’-dans uit. Hy sukkel ook met sy huwelik.”

Snyman meen die nuwe weergawe is beter.

Volgens hom is mnr. Swart kenmerkend van middeljarige mans wat steeds ’n verskil probeer maak.

“En Frank, wat dit nog heeltyd so goed vertolk het, het nou vir mnr. Swart behoorlik onder die knie.”

Schoonhoven en Opperman het aanvanklik op Zoom die regie van die stuk bespreek.

Opperman het later na Schoonhoven se huis gegaan.

“Gerrit het nog tot naby sy dood heeltyd met nuwe voorstelle vorendag gekom. Hy was toegewyd tot aan die einde.”

• Vertonings in die Atterburyteater is om 12:00 en 16:00.

Kaartjies kos R180. Dit duur 60 minute.

Besoek https://itickets.co.za/events/449909 om te bespreek.

• Die vertonings op 1 November word in die Elgro-hotel in Potchefstroom om 12:30 en 16:00 gehou. Kaartjies kos R150. Bespreek by Ticketpro.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.