Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Passie, grasie in Queen-ballet meesleurend

The Queen Show(Mzansi Ballet) Met Javier Monier Jouve Jr. en Tsebang Sipambo. Regisseur: Dirk Badenhorst

Die choreograwe Michael en Angela Revie het met hierdie balletproduksie ’n huldeblyk aan die onsterflike musiek van die Rockgroep Queen gedoen, waarin rock en ballet ontmoet in oomblikke vol passie, energie, viriliteit, vreugde en grasie. Die openingsdans, op die maat van “Barcelona”, het ’n lewendige atmosfeer geskep en die gehoor in die stemming geplaas vir ander nostalgiese treffers soos “Don’t Stop Me Now” en “Bohemian Rhapsody”.

Wat veral in hierdie produksie getref het, was die verbeeldingryke, funksionele kostuums deur David Hutt. Van kleefstywe uitrustings tot materiaal wat saam met bewegings deur die lug sweef en die danse aanvul, het Hutt kostuums ontwerp wat die dansers nie net vlei nie, maar ook vryheid van beweging toelaat en karakteriseer. Dit was stylvol, verrassend en treffend.

Die soepel danse het die gehoor gaande gehad. ’n Hoogtepunt was drie manlike dansers wat die tema uit Highlander, “Who Wants to Live Forever”, gedans het met grasie en in harmonie. Daar was ondertone van hartseer, maar ook passie en ’n kragdadigheid in veral hierdie dans wat ontroer het.

Die Queen-ballet met rock ondertone behels ’n meesleurende en dikwels unieke produksie soos nie dikwels hier aangebied word nie. Dit is onmoontlik om individuele dansers uit te sonder, maar veral die choreograaf Michael Revie verdien vermelding vir sy tonele en die dissipline en grasie waarmee die produksie aangebied is.

  • Tot 19 Januarie in die Pieter Toerien-teater by Montecasino.

    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.