Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Paul Slab se ‘Storm’ kom na Baxter
Renate Stuurman, Paul Slabolepszy en Charmaine Weir-Smith in Suddenly the Storm.

Paul Slabolepszy se toneelstuk Suddenly the Storm is terug op die planke en ná speelvakke in Johannesburg en Durban is dit ook van volgende week af in die Baxter-teatersentrum te sien.

In die rolverdeling saam met Slabolepszy is Charmaine Weir-Smith en Renate Stuurman. Bobby Heaney is die regisseur.

Die stuk se speelvak in die Markteater in Johannesburg verlede jaar het saamgeval met die 40ste herdenking van die opstande in Soweto op 16 Junie 1976.

Dié datum word deurslag­gewend in die toneelstuk – om ander redes as wat die teaterganger sou dink.

Weir-Smith en Slabolepszy speel ’n egpaar. Dit speel af aan die Oos-Rand, waar Dwayne en sy veel jonger vrou, Shanell, woon.

Hulle het ’n wanfunksionele verhouding. Dwayne is ’n ge­wese polisieman. Dan daag Stuurman se karakter, Namhla Gumede, by hulle op. Sy is op 16 Junie 1976 gebore.

In die persverklaring word die stuk beskryf as ’n stormwind van emosies waarby liefde, verlies, inhaligheid en genesing ingevleg is.

“Dit raak aan onderwerpe wat ons land so ’n ryk en wonder­like plek maak vir diegene wat die storms kan trotseer,” word gesê.

In sy resensie van die stuk toe dit in die Markteater opgevoer is, het A.J. Opperman dit beskryf as die soort toneelstuk wat ’n mens meer as een keer moet sien omdat dit elke keer nuwe denke en interpretasie bied.

“In Slabolepszy se drama voel jy iets is die hele tyd aan die broei. ’n Ander soort storm buiten die gedreun wat aanvanklik soms dofweg gehoor word. Ook meer as een, hoewel die titel in die enkelvoud is.”

Hy beskryf die verhouding van die egpaar as lewensgetrou en herkenbaar van die taalgebruik tot die uitrustings. Dan is daar onthullings in die stuk wat dit mettertyd soos ’n legkaart inmekaar laat pas.

Die publiek in Johannesburg het met hul eerste ervaring van die stuk soveel daaruit geput dat dit op aandrang van die teatergangers vir ’n tweede speelvak teruggebring is.

) Die speelvak in die Baxter Flipside duur van 7 Junie tot 8 Julie. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Verhoogstuk  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.