Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Pierneef bied 4 platsak-konserte aan

Teatergangers se beursies is dikwels aan die begin van die jaar leeg en daarom bied die Pierneef-teater in Pretoria binnekort vier “platsak-konserte” aan.

Elke konsert kos net R100, maar hoe meer konserte jy bywoon, hoe goedkoper word dit.

As jy twee konserte bywoon, kos dit R90 per konsert.

Drie konserte kos R80 per konsert en as jy al vier konserte bywoon, kos dit R70 per konsert.

Amanda Strydom en Coenraad Rall

* Op 29 Januarie bied die sangeres Amanda Strydom saam met die pianis Coenraad Rall ’n konsert aan.

Strydom sing ’n paar liedjies uit haar repertoire. In Maart bied sy en Rall ’n nuwe musiekproduksie, Nostalgie, op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn aan. Die konsert begin om 19:00.

Pierneef-teater
Leon Gropp

* Die Leon Gropp, ook bekend as aanbieder op die kykNET-joernaalprogram Ontbytsake, sing op 30 Januarie sy toonsettings van verskeie gedigte asook sy eie liedjies.

Hy speel kitaar en Marcel Denman begelei hom op klavier. Die konsert begin om 19:00.

Chanie Jonker, Jannie du Toit en Susan Mouton in Bonjour Monsieur Brel.

* Die sanger Jannie du Toit voer op 31 Januarie sy gewilde produksie Bonjour Monsieur Brel met die musiek van die Belgiese troebadoer Jacques Brel op. Hy sing in Frans, Afrikaanse, Engels en Nederlands. Susan Mouton begelei hom op tjello en Chanie Jonker op klavier en trekklavier.

Die konsert begin om 19:00.

Wynand van Vollenstee in Willie wil wheelie.

* Die akteur Wynand van Vollenstee, bekend om sy rol as Gielie in die kykNET-sitkom Huis Lelieveld, maak op 1 Februarie sy debuut in die Pierneef-teater met die produksie Willie wil Wheelie.

Hy vertolk die rol van Willie Reyneke wat die droom koester om ’n verskil in jongmense se lewens te maak, maar ongeskikter kinders en onmoontlike ouers belemmer dit.

Sy tweede droom is om ’n biker te word, met leer en sidesaddles.

Hy besit egter nie ’n motorfiets nie en die Boksburg Brekers-motorfietsklub sal hom as lid moet aanvaar ...

Dit begin om 19:00.

* Skakel 012 329 0709 of stuur ’n e-pos na info@pierneefteater.co.za om te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.