Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Pieter-Dirk Uys kom kuier in Pretoria

Die satirikus Pieter-Dirk Uys kuier volgende week in Pretoria met twee van sy verhoogproduksies, Weerklink van ’n wanklank en When in Doubt Say Darling.

Die vertonings is Dinsdag en Woensdag in die Atterburyteater.

Pieter-Dirk Uys in Weerklink van ’n wanklank.

Weerklink van ’n wanklank is ook die titel van sy memoires wat in 2018 deur Tafelberg uitgereik is.

Pieter-Dirk Uys se vertoning, wat voorheen in Makhanda as The Echo of a Noise gedebuteer het, gaan in ’n groot mate oor sy gesin, asook sy verhouding met sy pa, Hannes Uys.

In hierdie produksie verskyn hy sonder grimering op ’n stoel sonder enige ander rekwisiete op die verhoog en hy vertel sy storie.

In When in Doubt say Darling sorteer hy 40 jaar van benoudheid, vermomming en afsku uit: Van Amandla na Nkandla, van apartheid na tripartite, van Brexit na Zexit, brille, toi-toi, ikone en aikônas.

Darling is ’n troetelnaam wat hy graag gebruik en hy woon ook in Darling in die Wes-Kaap.

Hy het op die onlangse Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein gesê dat dit hom ontstel as iemand hom “oom” noem, hulle moet eerder “darling” sê.

* Weerklink van ’n wanklank begin Dinsdag om 20:00 en kaartjies kos R160 tot R180.

* When in Doubt Say Darling begin Woensdag om 20:00 en kaartjies kos R160 tot R180. Bespreek vir albei konserte by iTickets.

Meer oor:  Tafelberg  |  Teater  |  Atterburyteater  |  Pieter-Dirk Uys  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.