Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Playhouse Company wil jou teaterstuk aanbied

Teaterlui wat ’n wonderlike teaterstuk geskep het, maar nie die geld of selfs ’n lokaal het om dit aan te bied nie, kan by The Playhouse Company om hulp aanklop.

Dié agentskap van die nasionale departement van sport, kuns en kultuur het teaterskeppers genooi om hul drama-, musiek- of dansproduksie voor 13 Augustus aan hom voor te lê.

Luidens ’n mediaverklaring is die idee dat The Playhouse Company suksesvolle voorleggings in die 2022-’23-boekjaar as medevervaardiger saam met dié teaterskeppers aanbied, of dit in dieselfde tydperk in samewerking met hulle op die planke bring.

Belangstellendes word aangemoedig om in vier groepe aansoek te doen:

  • Die eerste groep, die Suid-Afrikaanse Vrouekunstefees, vier vroue se bydrae tot die samelewing. Dié fees plaas die werk van professionele en opkomende vrouekunstenaars in die kollig.
  • Die New Stages-fees fokus op nuwe Suid-Afrikaanse teaterwerke, veral dié wat Suid-Afrika se artistieke en uiteenlopende erfenis weerspieël.
  • The Playhouse Company se skoleprogram fokus op teaterwerk wat ’n boodskap aan leerlinge in veral landelike gebiede oordra. ’n Mobiele verhoog reis oor die land heen, en teaterwerk word by verskeie skole op dié verhoog opgevoer.
  • Die laaste groep sluit enige ander vennootskap in. The Playhouse Company bied danksy dié vennootskap veral kostuums, stelle en tegniese kundigheid.

Die agentskap sê stukke wat klaar geskryf is, ongeag of dit al opgevoer is of nie, kom in aanmerking vir steun. Produksies en kunstenaars in KwaZulu-Natal sal voorkeur geniet, maar enigiemand word aangemoedig om aansoek te doen.

Inskrywingsvorms is hier beskikbaar. Dit moet volledig voltooi en teen 13 Augustus om 16:00 per e-pos na artscoordinator@playhousecompany.com gestuur word.

Besoek https://playhousecompany.com vir meer inligting.

Meer oor:  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.