Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Prinsie’ tot ‘Hamlet’ as rebelse musikant by NAF
Steven Cohen se kunsuitstalling sal oudergewoonte ’n element van kuns-in-opvoering bevat. Foto: Pierre Planchenault

Hamlet as ’n elektropunkmusikant, Edward Albee se Who’s Afraid of Virginia Woolf? op die grootskerm en ’n verwerking van Antoine de Saint-Exupéry se The Little Prince is vanjaar deel van die hoofprogram van die Nasionale Kunstefees (NAF) in Grahamstad.

Ashraf Johaardien, uitvoerende vervaardiger van NAF, het solank ’n paar van die hoogtepunte uitgelig voordat die finale program bekend gestel word vir die fees wat van 28 Junie tot 8 Julie aangebied word.

Op die gebied van visuele kuns kom Steven Cohen se Put your heart under your feet . . . and walk!/to Elu aan die bod. Dit is ’n bepeinsing oor verlies, die rouproses en afwesigheid ná die dood van Cohen se lewensmaat, die choreograaf Elu. Dit bestaan uit ’n installasie van beeldhouwerke en projeksies op twee skerms.

Mary Watson se kortverhaal “Jungfrau” is vir die verhoog verwerk.

In die Switserse regisseur Boris Nikitin se Hamlet vertolk die elektropunkmusikant Julian Meding die rol van die titelkarakter wat teen die werklikheid rebelleer.

The Little Prince, verwerk vir die verhoog en aangebied deur die Markteater-laboratorium en die Windybrow-kunssentrum se jeugdramageselskap, vertel die storie van ’n volwassene wat sy innerlike kind vind.

Dit word aangebied in samewerking met die Art of Synergy Circus School wat deur die Franse Instituut van Suid-Afrika ondersteun word. Dit is ’n filosofiese oordenking van eensaamheid, vriendskap, volwassenheid en gesag.

Die Suid-Afrikaanse skrywer Mary Watson se bekroonde kortverhaal “Jungfrau” is deur Ameera Patel vir die verhoog verwerk en staan onder regie van die Naledi-bekroonde Jade Bowers. “Jungfrau” was die wenner van die Caine-kortverhaalprys vir Afrika-skrywers en is in haar bundel Moss opgeneem.

Mamela Nyamza, is NAF se feeskunstaar vir 2018. Foto: Jean Michel Blasco

NAF het ook die regte bekom om die National Theatre in Londen se produksies van Angels in America, Who’s Afraid of Virginia Woolf? en Hamlet op die grootskerm te vertoon.

Mamela Nyamza, ’n danser en choreograaf, is as 2018 se feeskunstenaar aangewys. Bestaande produksies van haar wat aangebied word, is Hatched, ’n retrospektiewe werk oor ma-word, en Phuma-Langa, oor die herlewing van taal, kuns en kultuur. Haar derde dansproduksie word binnekort aangekondig.

Die galakonsert, met die Oos-Kaapse Filharmoniese Orkes onder leiding van Richard Cock, word op 1 Julie in die Guy Butler-teater aangebied.

* Van 2 April kan vir die moet-sien-produksies bespreek word; op 7 Mei is die volledige feesprogram by nationalartsfestival.co.za beskikbaar en teen middel-Mei sal die gedrukte program gereed wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.