Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Puik toneelstukke na die planke
John Kani
Chris van Niekerk in ’n toneel uit Pa.

Toneelstukke van onder meer Ryk Hattingh, Harry Kalmer, Nico Scheepers en Marthinus Basson is onder die produksies waarna uitgesien kan word op volgende jaar se 18de US Woordfees op Stellenbosch.

Scheepers se jongste drama Nêrens Noord-Kaap volg op sy groot treffer Amper, Vrystaat wat ook op die Woordfees-
program is.

Waar laasgenoemde drama drie vervreemde susters weer bymekaar bring, handel
Nêrens Noord-Kaap
oor drie broers wat terugkeer na die plaas wat hulle verlaat het.

In die rolverdeling is De Klerk Oelofse, Geon Nel en
Albert Pretorius.

Scheepers het ook die Pulitzer-pryswenner Annie Baker se stuk The Flick vertaal en verwerk en na Kaapstad verplaas as Die fliek. Die gegewe is drie jong skoonmakers wat in ’n ou bioskoop werk en omsien na een van die laaste 35-mm projektors in die land.

P.G. du Plessis se Koöperasiestories van destyds kom op die verhoog met onder meer Margit Meyer-Rödenbeck in die rolverdeling. Sandra Prinsloo behartig die regie.

Nog debute waarna uitgesien kan word is:

  • Die verwerking van Ariel Dorfmanse Death and the Maiden na Martelsang. Christo Davids het die verwerking en regie gedoen.
  • ’n Toekomsblik in ’n postapokaliptiese en chaotiese wêreld vol geweld sal te sien wees in die debuut-drama Sing jy van Bomme deur Ryk Hattingh. Frank Opperman vertolk een van die rolle.
  • Philip Rademeyerse nuwe stuk Wild bring die talente van Joanie Combrink, Albert Pretorius en Tinarie van Wyk Loots saam in ’n stuk wat vrae vra oor onder meer menswees, kommunikasie, identiteit en familie.
  • Van Wyk Loots is ook te sien in I saam met Marcel van Heerden in ’n stuk geskryf deur Harry Kalmeren musiek deur Riku Lätti.
  • Marthinus Bassonhet Peter Verhelst se drama Hotel Malaria vertaal en verwerk. Die verhaal draai om ’n jong vrou met ’n ongeneeslike siekte wat ’n ooreenkoms sluit met ’n vreemde man om by haar te bly tot wat ook al mag gebeur. André Roothman en Greta Pietersen vertolk die twee rolle. Gewilde stukke wat reeds elders met groot sukses opgevoer is, kom ook na die Woordfees:
  • Die eerste Afrikaanse stuk waarvan Sylvaine Strikedie regie gedoen het, is Dop met André Odendaal en Wilhelm van der Walt. Die gesprek tussen twee mans in ’n kroeg is aangrypende teater eerder as net dronkmanspraatjies.
  • Frank Opperman is in een van Dana Snyman se eenpersoonstukke naamlik Hond. Christiaan Olwagen se *Die huis van Bernarda Alba met Antoinette Kellermannin die naamrol is by die KKNK vir twee Kannas benoem.
  • In ligte luim bring Tobie Cronjéen Gerben KamperOoms.

Dit was die gewildste produksie by vanjaar se Innibos-fees en het uitverkoopte speelvakke by Aardklop en die Vrystaat-kunstefees gehad.

  • Die gewilde en ontroerende stuk Pa, met Chris van Niekerk in die rol van die man wat stadig onder dimensie kwyn, word ook opgevoer.
  • John KanienSandra Prinsloobring So ry Miss Daisy na die fees en Kani is die regisseur van die bekroondee stuk Sizwe Banzi is dead, wat drie Kanna-pryse gewen het na afloop van vanjaar se KKNK.
Meer oor:  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.