Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Radiodrama ’n ode aan die letterkunde

Die eerste radioteaterseisoen vir 2018 sluit af met Zoë Ras se radiodrama Waar is Tomas?, wat Donderdag om 20:00 op RSG uitgesaai word.

Dié drama is ’n viering van en ode aan die letterkunde en die woordkuns.

Emma le Roux is ’n jong versorger wat na ’n bejaarde wewenaar, Giel Vermaak, moet omsien. Emma kom gou agter dat haar tydjies saam met Giel haar lewe handomkeer verander.

Die span van Waar is Tomas? is (agter van links) Dean Balie, Frieda van den Heever, André Weideman, Lise-Marie Richardson, Carel Trichardt en Petru Wessels en (voor van links) Jumaine Hansen, Margot Luyt (regisseur) en Tarryn Wyngaard.

Hy neem haar op verskeie avonture wat haar dwing om haar verbeelding op ’n speels dog kragtige manier te gebruik. Sy besef die verbeelding kan jou laat lag en huil, maar ook genees. Daardeur sien sy hoe belangrik die literatuur vir die mensdom in sy geheel is.

Die hoofrolle word vertolk deur Frieda van den Heever (Emma) en Carel Trichardt (Giel). Die ander spelers sluit in Dean Balie, Petru Wessels, André Weideman, Jumaine Hansen, Lise-Marie Richardson en Tarryn Wyngaard onder spelleiding van Margot Luyt. Die tegniese en akoestiese versorging is deur Cassi Lowers.

Ras was al twee keer ’n finalis in RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie. Sy het haar eerste vollengte verhoogdrama vroeër vanjaar in die PALI-kleinteater in Pretoria op die planke gebring.

Wanneer sy nie dramas, poësie of kortverhale skryf nie, is sy betrokke by haar verloofde se wildplaas.

Die radiodrama word 2 Julie tussen 01:00 en 02:00 in Deurnag op RSG herhaal.

RSG se tweede radioteaterseisoen vir 2018 begin in Oktober en sal tot Desember duur. Van Julie tot September word dokumentêre programme elke Donderdag om 20:00 uitgesaai.

Meer oor:  Radioteater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.