Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Reza de Wet se ‘Asem’ op KKNK
Antoinette Kellermann en Tinarie van Wyk Loots in Asem.Foto: Robert Hamblin

’n Huldigingsproduksie aan ­die dramaturg Reza de Wet word vanjaar op die KKNK aangebied.

De Wet, wat vandag vyf jaar gelede dood is, se Asem word by die fees onder regie van Marthinus Basson opgevoer.

Dit is ’n produksie van die Nasionale Teaterinisiatief (Nati) en die Feesteforum.

Basson het ook die vertaling van die stuk Breathing In gedoen, wat vir die eerste keer in Afrikaans te sien sal wees.

In die rolverdeling is Antoinette Kellermann, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam en Edwin van der Walt.

Die verhaal gaan oor die gebeure een nag in die doodsnikke van die Anglo-Boereoorlog in ’n uitgebrande skuur van ’n plaas waar ’n gewonde Boeregeneraal verpleeg word deur Anna, ’n kruiedokter met bonatuurlike magte. Haar dogter, Annie, veg ook om haar lewe, maar genesing is moeiliker as met haar ma se doepa.

In ’n persverklaring word die atmosfeer van die stuk beskryf as “ ’n wêreld waar mans in die naam van patriotisme lewens en landskappe vernietig en vroue moet meer subtiele en misterieuse metodes ontwikkel om te oorleef”.

In ’n navorsingstuk oor die lewe en werk van De Wet beskryf die nagraadse student Danie Stander Anna as ’n “vreesaan­jaende towenares wat haar dogter soos ’n prooi aanwend in ’n bitter stryd om oorlewing in ’n wêreld waar chauvinisme die botoon voer”.

Stander meld dat De Wet vir Basson beskryf het as ’n regisseur wat nuwe betekenis aan haar werk gegee het en dat hy dit volkome verstaan het. Hulle het vir die eerste keer saamgewerk aan die trilogie Mis, Mirakel en Drif (uitgegee as Trits).

Met Basson as regisseur kry haar werk verskeie Vita-pryse en ’n Fleur du Cap in die 1990’s. Sy het die Hertzogprys gewen, gesamentlik vir haar eerste drieluik, Vrystaat-trilogie, en Trits.

  • Asem word van 8-15 April in die SANW-ouditorium opgevoer. Besoek die KKNK-webtuiste vir meer inligting. Bespreek by Computicket.
Meer oor:  Kknk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.