Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Rina, Mathys-hulle sing vir bejaardes in Pierneef

Lewensasem, ’n konsert deur die geestelike groep In Sy spore, word Sondag ten bate van sorg vir bejaardes virtueel deur die Pierneefteater in Pretoria aangebied.

Rina Hugo, Mathys Roets, Jannie du Toit, Helena, Willie en Natasha Joubert, Hannes van der Walt, Bernice en Kayla Borman tree op.

Rina Hugo

Die span van In Sy spore, wat in 2016 met bediening op sosiale media begin het, het besluit om die produksie aan te pak ná verskeie versoeke.

Die konsert begin om 15:00 en kaartjies kos R75.

Bespreek hier: https://pierneefteater.com/store/lewensasem-20200705kk

Lewensasem is een van drie konserte wat die Pierneefteater die naweek aanbied.

• Die musikant Deon Meiring, voorheen hoofsanger van die groep Glaskas, wat saam met Bouwer Bosch die groep Dans Dans Lisa gestig het, maak Vrydag virtueel musiek.

Deon Meiring

Hy speel in sy konsert oorspronklike musiek, sowel as gestroopte weergawes van sy liedjies wat aanhangers deur Dans Dans Lisa en Glaskas leer ken het.

Hy kleur die vertoning in met stories, gedagtes en belewenisse waaruit sy liedjies gespruit het.

Meiring se digbundel, Sterrekykers, het in 2016 by Lapa verskyn.

Hy deel ’n weeklikse boodskap op YouTube, Facebook en Instagram.

Die konsert begin om 19:00 en kaartjies kos R75.

Bespreek hier: https://pierneefteater.com/store/deon-meiring-20200703kk

• In Trio Klassiek klink die klanke van klavier, viool en tjello op.

Olive Sandilands, Miroslav Chakaryan en Susan Mouton voer musiek uit van Händel tot Piazzola, met ’n stukkie Paganini, Sarasate en Saint-Saenss.

Die konsert begin Saterdag om 19:00. Kaartjies R75.

Bespreek hier: https://pierneefteater.com/store/trio-klassiek-20200704kk

• Stuur ’n e-pos na info@pierneefteater.co.za vir meer inligting. Alle besprekings kan op pierneefteater.com gedoen word.

Mathys Roets
Meer oor:  Mathys Roets  |  Pretoria  |  Musiek  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.