Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Ruggraat van Afrikaanse drama sterf
PG du PlessisFoto: Theana Breugem

Marius Weyers, wat die hoofrol Jakes gespeel het in Siener in die suburbs (1971), in die Breytenbachteater in Pretoria. Hy was ook te sien in Du Plessis se drama Plaston: DNS-kind (1973) en Die nag van Legio (1969):

“Nog ’n grote val. André P. Bink, Chris Barnard en nou PG du Plessis. Hy het ’n enorme bydrae gemaak tot ons letterkunde en teaterskat. Ek as akteur kan nie meer uitsien na ’n Chris Barnard of ’n PG du Plessis stuk nie.

Ek het so baie van hom geleer, hy was so vol lewensvreugde en lewenslus. Altyd skerp en snaaks.

Hy wou nie eintlik gehad het dat ek die rol van Jakes speel nie, maar hy het ’n punt daarvan gemaak om altyd vir my te sê hoe bly hy was dat ek dit gespeel het.”

Weyers vertel dat hulle saam in hegtenis geneem is op ’n aanklag vir rusverstoring. Hulle is saam in ’n vangwa geprop en saam polisiestasie toe ná die openingsaand van Plaston: DNS-kind. “So baie lewensvreugde – by een van die openingsaande het hy en Annelisa Weiland elk ’n kaftan gedra. Ek onthou hoe hulle mekaar se agterstewes daarin vergelyk het.”

Sandra Prinsloo, aktrise en regisseur: “Hy was ’n ongelooflike storieverteller – ek het aan sy lippe gehang. Sy gebruik van die Afrikaanse taal, humor en die skep van sulke wonderlike karakters is ongeëwenaar. Sy talent is so uiteenlopend gewees van Die nag van legio tot Koöperasiestories. Hy het ’n vlymskerp brein gehad. Sy enorme bydrae tot ons teaterskat spreek vanself.”

Louis van Niekerk, wat in Siener die rol van Giel vertolk het: “PG het karakters, lewensruimtes en ervarings na die planke gebring wat toe nog nie op die verhoog ervaar is nie. Dit het nog nie daar gelewe nie. Ek en Marius moes ons karakters gaan sóék. Ek het my karakter in ’n kroegman in die Mader-hotel in Pretoria gevind. Sy karakters het groot waarhede blootgelê.”

Marthinus Basson, regisseur en afgetrede dramadosent van die Universiteit Stellenbosch: “Hy was die ruggraat van Suid-Afrikaanse drama. Bliksem dit is ’n verlies. Hy het oor so ’n spektrum geskryf, so fantasties uit die volksmond, hy kon groot idees aanroer deur eenvoudige mense. Dan het my met soveel gemak van satiriese drama tot klug beweeg. Sy televisiereekse was so lieflik.”

Elize Cawood, aktrise wat saam met hom gewerk het aan die televisiereekse Andries Plak en Pandjiewinkelstories: “Hy was die gulste, openhartigste en liefdevolste mens wat ek geken het. Hy was ’n regte womaniser wat graag sy flikkers gegooi het. Ek het altyd met hom gestry oor sy ellelange sinne en dat hy dit moet opbreek in drie. Dan het hy gesê: ‘Nee, Elize, dit is een gedagte, een sin, doen dit so’.”

Albert Maritz, akteur en regisseur wat tans repeteer aan PG du Plessis se Die nag van legio wat by die Innibosfees opgevoer gaan word: “PG du Plessis is nog die laaste belangrike skakel wat ons had met die digter NP van Wyk Louw. Hy het klas gehad by hom. Een van die belangrikste boodskappe van Legio is dat dit gevaarlik is as almal saamstem met mekaar – soos Van Wyk Louw gesê het dat ’n generasie sonder protes ’n verlore generasie is. Die vraag is, wie gaan die aflosstokkie by Du Plessis kan oorneem?”

Meer oor:  Pg Du Plessis  |  Toneel  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.