Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
SA teaterkuns kry hupstoot, al is teaters toe
Amy Jephta

Danksy ’n nuwe skryfinisiatief gaan 12 nuwe Suid-Afrikaanse teaterstukke vir die verhoog geskep word. Die nuus kom terwyl teaters in Suid-Afrika steeds donker is en baie akteurs sonder werk is.

Die pasgestigte produksiemaatskappy How Now Brown Cow het die vyf name bekend gemaak wat aan die eerste aflewering van die The Writers’ Collective gaan deelneem.

Hulle gaan hul reeds gedugte vaardighede onder mentorskap van William Nicolson, ’n Bafta-bekroonde en Oscar-benoemde draaiboekskrywer, slyp.

Nicolson het onder meer die draaiboeke vir Gladiator en A Long Walk to Freedom geskryf en verwerk. Hy is ook bekend

Karen Jeynes

om die drama Shadowlands, wat later met Anthony Hopkins verfilm is. Hy het ook die teks en lirieke van die ikoniese Suid-Afrikaanse musiekspel King Kong verwerk voordat dit in 2017 in die Fugard-teater opgevoer is.

Die begunstigdes van die vanjaar se eerste slypskool is: die dramaturg en draaiboekskrywer Amy Jephta, bekend om Kristalvlakte, The Ellen Pakkies Story en Trackers; die skrywer Karen Jeynes, bekend om die boeke The Karin Book of Rules (saam met Karen Schimke), Everybody Else (is F*ucking Perfect) en Kiss Kiss; die digter Koleka Putuma, bekend om die bundels Collective Amnesia en No Easter Sunday for Queers; en die dramaturg Greg Homann, bekend om die dramas A Voice I cannot Silence en In Our Skin.

Greg Homann

Drie groepe skrywers gaan vir ’n tydperk van vier maande saam met ’n verskillende mentor werk. In dié tyd moet die eerste weergawe van ’n toneelstuk voltooi word, wat dan moontlik in ’n produksie ontwikkel gaan word. Hulle ontvang ’n toelae vir die tydperk.

Die volgende groep skrywers begin om 1 Junie. Hulle sal op grond van voorleggings gekies word. Meer besonderhede sal bekend gemaak word.

“Ons poog om weer te belê in die wortels van teater en die kuns van storievertel, en wil graag skrywers in dié moeilike tyd bemagtig. Ons is niks, en ons het niks sonder stories vir die teater nie. Ons hoop deur die inisiatief sal nuwe, eietydse Suid-Afrikaanse stories geskep word wat ons samelewing uitbeeld soos ons vandag is,” sê Julie-Anne McDowell Hegarty van How Now Brown Cow in ’n verklaring.

Koleka Putuma

Soos ons nog ’n uitdagende en onvoorspelbare jaar binnegaan, moet ons maniere vind om kreatiwiteit te inspireer, om hoop te vestig en die talent te vier wat ons in die land het,” sê Daniel Galloway.

How Now Brown Cow is verlede jaar gestig deur Hegarty, ’n eertydse ballerina, wat as aktrise, skrywer en bemarker werk. Galloway is die algemene bestuurder en medevervaardiger van die produksiemaatskappy. Hy was voorheen uitvoerende hoof van die Fugard-teater in Kaapstad, wat intussen sy deure gesluit het totdat ’n entstof vir die koronavirus plaaslik aan die publiek beskikbaar is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.