Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
SA tjokkers blink uit op die planke
Die Eduplus Onafhanklike Skool (Bloemfontein) met ‘Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het’.Foto: Gerdua Kemp

Die uitslae van die ATKV se eerste Tjokkertoneel is bekendgemaak nadat vier streekfeeste in Krugersdorp, Stellenbosch, Bloemfontein en Port Elizabeth gehou is.

Voornemende teater-rakkers het tydens die fees hulself na hartelus op die verhoog uitgeleef in spreekkore en mini-toneelopvoerings. Die inisiatief dien om ’n nasionale platform vir talentontwikkeling te vestig en laerskoolkinders op te bou deur toneelontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur. Só word die gehore vir môre grootgemaak.

Daar was 30 items by die vier streekfeeste: ses junior spreekkore, agt senior spreekkore en 16 mini-toneelopvoerings. Die beoordelaars by al die streeksfeeste was Schoemé Grobler, Ira Blanckenberg en Esté Pienaar.

Die uitslae is soos volg:

Junior spreekkore

1. Die Eduplus Onafhanklike Skool (Bloemfontein) met Die dag toe Ernst ? ertjie geëet het

2. Die Laerskool Muldersdrif (Krugersdorp) met Groente gedoentes

3. Die Primêre Meisieskool Oranje (Bloemfontein) met Monster!

Senior spreekkore

1. Die Laerskool Randfontein met Ons eie Mary Poppins

2. Die Laerskool Muldersdrif met Skool is nie vir sissies nie

3. Die Laerskool Roodekrans (Roodepoort) met Die duisendpoot

Mini-tonele

1. Die Laerskool Anton van Wouw (Pretoria) met Kamerverlaat

2. Die Laerskool Bastion (Kaapstad) met Nie net ? verbeel(ding)

3. Die Laerskool Menlopark (Pretoria) met S(kerm)

Meer oor:  Atkv  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.