Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Sandra Prinsloo in ‘Spertyd’ in Pretoria te sien

Die eerlikheid waarmee Elsa Joubert oor eensaamheid en afsondering op haar oudag in haar outobiografie Spertyd skryf, het die dramaturg Philip Rademeyer veral geraak toe hy dit vir die verhoog verwerk het.

Dié solostuk word volgende week die eerste keer in Gauteng opgevoer.

Sandra Prinsloo in ‘Spertyd’. Foto: Robert Hamblin

Dit is van 20 tot 25 April in die Atterburyteater op die planke en daarna op die Suidoosterfees in Kaapstad.

“Sy skryf so eerlik oor die verouderingsproses en inkrimping van haar wêreld. Dit het my uitgeboul. Sy skryf onder meer sy wil nie ’n las vir haar kinders wees nie.”

Rademeyer is ook die regisseur.

“Ek het baie aan my ouers gedink hoewel hulle baie jonger is. Maar ek praat nooit met hulle oor oudword nie. En daar is dinge wat met jou kop en lyf gebeur as jy geseënd is om ’n lang lewe te lei. Ek het besef hoe ek behandel sou wou word indien ek daardie ouderdom bereik.

“Jonger mense kan hiervoor begrip kry. Ons dink nie aan ons liggame nie. Ek het beslis ’n nuwe begrip en bewussyn hiervoor gekry.”

Sandra Prinsloo vertolk die rol in dié solostuk wat deur Margit Meyer-Rödenbeck en Alexa Strachan vervaardig is.

Dit sou verlede jaar op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom gedebuteer het.

Philip Rademeyer

“Toe Margit en Alexa my genader het, was Sandra reeds deel van die projek. Ek sou verlede jaar ná die Woordfees in alle erns daarmee begin het, en vreemd genoeg het die inperking vir my die beste skryftyd van my lewe tot gevolg gehad. Ek het tyd gehad om behoorlik daaraan te kon slyp. Daar was soveel Zoom-vergaderings. Ek en Sandra kon mettertyd ook oor regie begin praat.”

Dit is in November die eerste keer in Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville, Kaapstad, opgevoer.

“Toe was dit net so oor die 80 minute lank. Ons het dit nou ’n bietjie verkort dat dit so 70 tot 75 minute lank is. Dit is moeilik, want jy kan nie alles van die boek insluit nie – dit het 200 bladsye. Toe ek die eerste draft geskryf het, was dit seker drie keer langer as wat die huidige teks is.”

Spertyd, die laaste aflewering in Joubert se outobiografiese drieluik, is in 2017 uitgereik toe sy 95 jaar oud geword het.

Die voorafgaande twee is ’n Wonderlike geweld en Reisiger: Die Limietberge oor.

Sy is verlede jaar in die ouderdom van 97 in Kaapstad oorlede.

• Vertonings in die Atterburyteater:

Op 20 April om 20:00; op 21 April om 10:00 en 20:00; op 22 April om 20:00; op 23 April om 20:00; op 24 April om 15:00 en 20:00; 25 April om 14:00.

Kaartjies kos R200 tot R250. Bespreek by seatme.co.za.

• Vertonings op die Suidoosterfees in die Kunstekaap:Op 29 April om 20:00; op 30 April om 11:30; op 2 Mei om 13:00. Kaartjies kos R120. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Sandra Prinsloo  |  Elsa Joubert  |  Atterburyteater  |  Dramaturg  |  Teater  |  Spertyd  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.