Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Op die verhoog:
Satire oor Portugese karakters bring warmte

Porralicious 4 ****

Met Sonia Esgueira.

Regisseur: Heinrich Rei­senhofer

Wat 'n heerlike verrassing! Gereelde aanhangers van die talentvolle en baie bekwame Sonia Esgueira weet reeds wat om te verwag. 'n Satiriese mengsel van Portugese aksente en gebare en die meer aardse Suid-Afrikaanse kulture en praatritme sonder om enige van die twee belaglik te maak of daarop neer te sien. Dis haar spitsvondigheid wat opval.

Esgueira vertolk 'n verskeidenheid Portugese karakters met groot vaardigheid en 'n humorsin wat 'n mens dikwels lank en waarderend laat lag.

Wat ook merkwaardig is, is haar verhoogsoepelheid, soos die manier waarop sy 'n gesprek aan 'n bruilofstafel oortuigend met mimiek kan oordra. Die lig van die hand of die kruis van 'n been skep 'n nuwe karakter wie se eksentrisiteite en nukke op 'n lig-komiese manier uitgelig word.

'n Man wat homself onthaar is seker een van die snaaksste tonele wat ons vanjaar op 'n verhoog gesien het, en 'n Portugese jongman wat 'n Afrikaanse boer op die platteland probeer oortuig om sy dogter toestemming te gee om met hom te trou, is ’n juweel. Die gespot met seksuele beurtkrag tussen die karakters, die variasie in Portugese aksente, en die wyse waarop Esgueira met die kultuur spot (Bedfordview is die Sandton van die Portugese!) wys insig en ’n deernis vir die mense.

Al is dit koud, hierdie eenvrouvertoning sal warmte en humor na jou lewe toe bring. Dit is die geld werd.

  • In Pieter Toerien se Studio-teater by Montecasino tot 24 Junie.
Meer oor:  Verhoogstuk  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.