Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Sê groete vir Ma’ eersdaags aanlyn
Hannes van Wyk en sy ma, Mariet (86). Foto: Verskaf

Hannes van Wyk en sy ma, Mariet (86), wie se liefde die inspirasie vir die eenmanvertoning was, kan nou Sê groete vir Ma aanlyn in die gemak van haar ouetehuiskamer in Aliwal-Noord geniet.

Van Wyk het die stuk, met Sandra Prinsloo in die regisseurstoel, verfilm en dit word vroeg Desember aanlyn beskikbaar gestel sodat sy ma en mense soos sy in die platteland dit kan kyk.

Knoop, die troetelhoender, en Boswild, die hond, se stories wat Hannes uit ’n hofkamer vertel, sal dan net ’n klik ver met onderskrifte gekyk kan word.

Van Wyk vlieg gereeld van Kaapstad na Bloemfontein en huur dan ’n motor om by sy ma te gaan kuier.

“Weens Covid-19 kan ek nie by haar in die kamer kuier nie, so toe ek nou by haar was het ons minstens drie keer per dag gaan koffie drink, waarvan meer as een keer in die Wimpy want die opsies is maar min,” skerts hy.

Die vertoning was ’n uitdaging, sê hy, deels omdat daar talle raakpunte tussen dié fiktiewe stuk en sy werklikheid is, en omdat dit net hy, die beligting “en twee stoele” is.

Die goeie ontvangs van die stuk sedert dit verlede jaar in Nelspruit geopen het, het hom verras.

Hannes van Wyk en sy ma, Mariet (86). Foto: Verskaf
Hannes van Wyk en sy ma, Mariet (86). Foto: Verskaf
Hannes van Wyk en sy ma, Mariet (86). Foto: Verskaf

“As ek mag sê genadiglik het dit baie goed gegaan, vir vol huise gespeel en wonderlike resensies gekry.”

Hy sou dit vanjaar na Engeland neem om dit vir Suid-Afrikaners daar op te voer.

Sy ouers het oor die jare alle toneelstukke waarvan hy deel was, gaan kyk.

“Behalwe een jaar toe ek kaal op die verhoog was. Toe sê my ma: ‘Ag nee, daai beker sal ek laat verbygaan.’ ”

Dit is vir hom erg om te sien hoe Mariet al hoe broser raak.

Sy was langer as 40 jaar die sekretaresse by die Hoërskool Aliwal-Noord, waar hy ook matriek geskryf het, en het op 71 afgetree.

“My ma word nou oud, maar die mind is nog wonderlik.”

* Kaartjies vir die aanlyn vertoning wat van 1 tot 6 Desember gekyk kan word, is op Quicket beskikbaar teen R110 per persoon. 

Meer oor:  Hannes Van Wyk  |  Sê Groete Vir Ma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.