Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Selfkritiek en eetstoornisse kry aandag op die verhoog
Marzet Pieterse en Roxy Madricky in Consumed, for Gluttony’s Sake. Foto: Mish Mash Media

Sy het doelbewus ongesonder begin eet en opgehou oefen om lewe te blaas in Ruby, haar karakter in die teaterstuk Consumed, for Gluttony’s Sake.

Die toneelstuk wat eetstoornisse, vraatsug en ’n negatiewe selfbeeld belig, word binnekort in Observatory, die Paarl en in die Baxterteater in Rondebosch opgevoer. Dit is die debuutstuk van die dramaturg Sarah Illingworth, waarin onder andere Marzet Pieterse te sien is, en word deur Mish Mash-produksies opgevoer.

“Hul oorspronklike idee vir Ruby was ’n heelwat meer gesette persoon as wat ek in daardie stadium was, maar hulle het gehou van die kwaliteit wat ek aan haar karakter gegee het. Ek identifiseer met Ruby se stryd op ’n persoonlike vlak en dit is nie net oorgewig mense wat hierdie probleem het nie, maar dis jou persepsie van jouself wat ’n beeld van ’n “groot” of “klein” persoon skep”, vertel Pieterse.

Omdat sy so identifiseer met die karakter wou sy vir die gehoor “al die ‘lelike’ plooie en ‘hobbels’ eerlik wys sodat die gehoor gekonfronteer word deur die werklike stryd waardeur mense gaan”.

Sy hoop dat gehoorlede besef watter invloed kritiek op ander mense het en hoe afbrekend dit is.

“Almal beleef kritiek, hetsy as kinders of as volwassenes. Kritiek deur ouers, vriende of die samelewing, maar selfkritiek is die wreedste. Ek wil dat die gehoor binnetoe kyk – dat hulle kritiek herken, of hulle dit ontvang, of uitdeel. Hulle moet bewus raak dat hulle dalk my karakter veroordeel of selfs gril vir my op die verhoog en dan self besef hoe dit toepaslik kan wees op hul eie lewe.

“Almal beleef kritiek, hetsy as kinders of as volwassenes. Kritiek deur ouers, vriende of die samelewing, maar selfkritiek is die wreedste. Ek wil dat die gehoor binnetoe kyk – dat hulle kritiek herken, of hulle dit ontvang, of uitdeel. Hulle moet bewus raak dat hulle dalk my karakter veroordeel of selfs gril vir my op die verhoog en dan self besef hoe dit toepaslik kan wees op hul eie lewe.

“Die meeste mense identifiseer met die karakter, en sien hulself, of ’n jonger self. Soos wat mense begrip en empatie deur die loop van die stuk vir Ruby ontwikkel, hoop ek dat hulle ook vir hulself begrip en liefde kan ervaar.”

Mish Mash-produksies, aangevoer deur Adolph de Beer en Regina Malan, het verlede jaar begin om ’n platform vir opkomende akteurs, regisseurs en dramaturge te skep. Volgens Malan wil hulle ’n stem aan die stemloses gee. Die stuk is deel van hul Mish Mash Moments-projek wat bestaan uit kort stukke wat bekostigbaar opgevoer kan word. Die tema wentel rondom die sewe doodsondes waarvan vraatsug deel is. Ses ander nuwe stukke sal later in die jaar opgevoer word.

Pieterse, ’n boorling van Oudtshoorn, het as kind reeds ’n groot verbeelding gehad – in haar ma se rokke was sy elke dag iemand anders. “Van kleins af het ek Amanda Strydom se liedjies opgevoer op my manier en sy was ’n groot invloed.”

Sy het uitvoerende kunste aan The Stage Performing Arts School and Theatre gaan studeer. “Ek is die grootste introvert, maar wanneer ek op die verhoog klim, verdwyn Marzet. Dit is die skepping van ’n wêreld waar elke oomblik opnuut beleef word. Ons neem mense op reis na nuwe ontdekkings van hulself.”

Pieterse speel teenoor Roxy Madricky, Victor Namwandi en Inamangwe Mtumtum. Die regisseur is Bernie Jacobs.

*Consumed, for Gluttony’s Sake word van 10 tot 11 Mei opgevoer in die Theatre Arts Admin Collective (021 447 3683) in Observatory, van 17 tot 18 Mei in die Ou Meulteater in die Paarl (079 603 7629) en van 21 tot 25 Mei in die Baxter Masambe-teater (021 685 7880). Op 25 Mei is daar ’n middagvertoning om 14:00.

Meer oor:  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.